As 2020 ʼn skoen was …

Die paar skoene wat ASOS verkoop

Die Britse aanlyn modehandelaar ASOS word deur klante geterg oor ʼn “punk”-tipe Crocs-skoen wat verkoop word met silwerkleure penne, knoppies en ʼn kettinkie.

Sommige persone wou weet of dit regtig te koop is.

Klante het ASOS geterg oor die paar skoene. “As 2020 ʼn paar skoene was …” het die gebruiker @asbos_sos, wat die spot dryf met modes, op sy Instagram-profiel geskryf.

Die swart skoene, wat eksklusief op ASOS verkoop word teen £65 (byna R1 400), word beskryf as die “Bae punk clog in black”.

Alhoewel die skoene die gewone Crocs-ontwerp het, trek die punk-bykomstighede beslis die oog.

Talle persone het saam geskerts. “Neeeeee … daardie skoen is tog seker nie te koop nie?!” wou een weet.

ʼn Paar het egter erken dat hulle nogal van die skoene hou. “Om eerlik te wees, ek sou graag só paar wou hê!”

Sou jy só paar skoene koop?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

isabelle ·

gee die skoen nog net so paar oranje vlekkies dan is dit omtrent gepas

Daleen ·

My man – gaan met die Crocs – die stylvolste visserman langs die dam wees ????

Misky ·

Dis soooooo lelik en ek wil nie n paar verniet hê nie – hahahaha, my hond sal dit nie eens wil kou nie!!!

netek ·

Love die hoogte en vorm van die sool, nie so `n groot “fan” van die boonste deel nie

Elize ·

Croks is die lelikste skoene wat nog ooit gemaak is. Baie mense wat dit dra het die aakligste hakskene en gee nie ‘n flenter om om so voort te slof met dit nie

Helizna ·

Maroela, waar is is julle berigte oor die grootskaalse bedrog in die Amerikaanse verkiesing?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ja nee, as 2020 ‘n paar skoene was, dan was hy definitief baie meer stekelrig as hierdie paar! LOL!

Gawie ·

Ten spyte van wat baie mense sê oor hoe dit lyk, is Crocs baie gemaklike skoene wat mens vir ure lank kan dra, veral as jy die heeltyd op jou voete is. Daar is hospitale wat dit vir verpleegpersoneel aanbeveel. Ekself het al ‘n paar pare deurgeloop.
Ek is egter nie so seker of hierdie knopperige model so goed sal werk nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.