Twee broers het verlede week saam loterykaartjies gekoop nadat hulle ʼn paar weke lank saam visgevang het.
James en Bob Stocklas was op pad terug van Florida na Pennsylvania, toe hulle die kaartjies gekoop het. Albei was wenners, maar James het Florida se $291 miljoen Powerball-boerpot gewen. Bob het $7 gewen.
“Ek koop soms ʼn loterykaartjie wanneer ek in Florida is,” het die 67-jarige James, ʼn senior regter, gesê. Hy het eers later ontdek hy het gewen toe hy by ʼn restaurant sy kaartjie met die wennommers vergelyk het.
James het dadelik vir almal in die restaurant se ontbyt betaal en sy familie gebel om die goeie nuus te deel.
ʼn Facebook-foto van die twee broers wys dat die verhouding hopelik nie versuur het nie.
Bron: Florida Lottery
Dis nou n lekker visvang storie…soms wens ek hulle wys ook die wenners in Suid Afrika om te bewys dis nie n slenter nie
Ja, ons hoor of lees net altyd van hoeveel het al miljoenêrs geword, maar is dit waar?
Is daar iewers in die land ‘n lotto wenner wat my boetie sal wees asseblief?!
Ek het ook nou juis gewonder of ek nie n verlore kind van die oom is nie :); of wil hy my nie aanneem nie.
“nadat hulle ‘n paar week saam visgevang het” Wat ???????
Sien is glo soek ook Bewyse WIE WAT WAAR dié RSA lotto WENNERS????
Hier in RSA kan jy net doodeenvoudig nie jou identiteit bekend maak as jy so bedrag sou wen nie. Jy sal net die volgende dag of aangerand , of selfs vemoor word. Mislien daarom dat daar so min bekend gemaak van wenners van die lotto