Asdrom reis 5 600 km van VSA na Ierland

(Foto: Keith McGreal van Ierland via City of Myrtle Beach/Facebook)

Dit was nie dié keer ʼn briefie-in-ʼn-bottel nie, maar ʼn asdrom wat al die pad van die VSA tot by Ierland gedryf het.

Owerhede in Myrtle Beach, Suid-Carolina in die VSA, het Maandag gesê ʼn drom het op ʼn manier al die pad van die suidooste van die VSA die Atlantiese Oseaan oorgesteek en uiteindelik op County Mayo se strand uitgespoel. Keith McGreal van Ierland, wat op die drom afgekom het, het met owerhede kontak gemaak.

“Ek deel graag foto’s met julle van ʼn blou asdrom wat op ons plaaslike strand aan die weskus van Ierland uitgespoel het,” het McGreal geskryf. “Ons het die plakkers opgemerk en gedink dit kan ʼn lekker storie wees. Dit is ongelooflik om te dink dit het meer as 5 500 km ver gereis.”

Die toerismeraad van Myrtle Beach het foto’s van die drom op sy sosiale media gedeel. Hulle vermoed dit het tydens ʼn sterk wind of storm in die see beland. “Dis ʼn wonderlike reis vir asdrom, maar ons sou natuurlik verkies het dat hy op ons strand gebly het eerder as om in die Golfstroom rond te kerjakker!” het beamptes aan McGreal teruggeskryf. “Ons verwyder gewoonlik die dromme voor ʼn orkaan, maar hierdie een het duidelik sy eie planne gehad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Sal interessant wees om te hoor hoe lank het die ‘reis’ geneem

Linda

Sou hy nou “Indefinate Leave to Remain” kry by die owerhede van Ierland?