Asseblief en dankie, Google, vra ouma

Die inskrywing wat May Ashworth gemaak het (Foto: Twitter via Push10Ben)

Die inskrywing wat May Ashworth gemaak het (Foto: Twitter via Push10Ben)

ʼn 85-jarige ouma van Tyldesley in Engeland se “hoflike” Google-soektog het wye reaksie op sosiale media uitgelok nadat haar kleinseun ʼn skermskoot daarvan op Twitter gedeel het.

Ben John het op Twitter geskryf hy het glo per ongeluk op die “soektog-geskiedenis” van sy ouma, May Ashworth, se rekenaar afgekom en sien toe sommer hoe hoflik sy met dié soekenjin praat.

“Vertaal asseblief vir my die romeinse syfers mcmxcviii, baie dankie,” skryf die ouma vir Google.

John se inskrywing op Twitter is intussen wyd en syd gedeel. “Ek kon dit nie glo toe ek ‘asseblief’ en ‘dankie’ in die soektog sien nie. Toe ek haar daaroor uitvra, het sy net gesê sy het gedink dis die norm om dit te doen,” het hy aan ʼn ander Twitter-gebruiker vertel.

Die inskrywing het reeds meer as 16 000 hertwiete (retweets) en is meer as 24 000 keer ge-like.

Google het intussen op Twitter geskryf dié inskrywing het hulle laat glimlag. “Liewe Ben se ouma, dankie sê is nie nodig nie. In ʼn wêreld vol miljarde soektogte, het joune ons laat glimlag. Vriendelike groete, Google.”

 

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marianne ·

Aaag sweet!!!!! My ma het nou op 65 begin leer hoe om ‘n tablet en veral Google te gebruik.
Sy praat soms ingedagte hardop – tydens sulke soektogte – met haarself en haar tablet.
Alhoewel sy nie oud is nie is dit dierbaar om te sien hoe opgewonde sy raak wanneer sy iets regkry!
NAN is op die Regte pad en het bewys goeie maniere kos niks!

TVR ·

Ons almal kan die ietsie so klein maar ook so so belangrik saam ons neem vir Nan was dit goeie maniere min besef ons hoe baie dit vir n volgende persoon beteken. Ons is almal met asseblief en dankie grootgemaak kom ons gebruik dit nou meer gereeld. Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.