Atleet steel motor by Olimpiese Spele

Dave Duncan (Foto: Washington Post)

ʼn Atleet van Kanada, Dave Duncan, is in hegtenis geneem nadat ʼn motor tydens die Olimpiese Spele in Pyeongchang, Suid-Korea gesteel is.

Duncan en sy vrou Maja en afrigter Willy Raine is Saterdag in hegtenis geneem en die polisie het gesê die persoon wat die motor bestuur het, se bloedalkoholvlak was hoër as die wettige perk ten tyde van die inhegtenisneming, volgens ʼn berig deur die Kanadese Uitsaaikorporasie.

Duncan, ʼn skiër vir Span Kanada, en die twee ander persone is vrygelaat, maar word nie toegelaat om Suid-Korea te verlaat nie. Die staatsaanklaer is besig om ondersoek in te stel en die saak sal glo bespoedig word, het CBC se Stephanie Jenzer berig.

Volgens plaaslike berigte het Raine die gesteelde voertuig, ʼn pienk Hummer, bestuur. Sy bloedalkoholvlak was 0.16 toe hy in hegtenis geneem is.

Duncan het aan die polisie verduidelik hulle het in die motor, wat parkeer gestaan het, geklim omdat hy koud gekry het. Die motor behoort aan ʼn toeris wat Daegwallyeong vir die Spele besoek.

“Ons is baie jammer. Ons gedrag toon swak oordeel en voldoen nie aan die standaarde wat van ons verwag word as lede van die Kanadese Olimpiese span of as burgers van Kanada nie,” het die Duncans in ʼn verklaring gesê.

Raine het ook in ʼn verklaring om verskoning gevra vir sy “spanlede, vriende en familie”, asook die eienaar van die voertuig. Hy het gesê sy optrede “kan nie verskoon word nie”.

Daar is nog nie ʼn hofdatum geskeduleer nie, maar die polisie het hul ondersoek afgehandel, aldus die CBC-berig.

“Ons verwag van ons atlete en spanlede om hulself verantwoordelik te gedra volgens ons Kanadese en Olimpiese waardes,” het Chris Overholt, uitvoerende hoof van die Kanadese Olimpiese komitee, gesê. “Ons is baie teleurgesteld in die gedrag van hierdie individue. Daar word van alle spanlede verwag om die wette van Suid-Korea, en enige ander plek waar ons meeding, te respekteer.”

Duncan het agtste geëindig tydens sy deelname by die Pyeongchang Spele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wonder ·

Die stoute alkohol wat mense verkeerde dinge laat doen.
Nou wonder ekke, gaan die alkohol nou gestraf word. LMK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.