Australiese stad wil katte uit die strate hou

(Foto: Unsplash)

’n Stadsraad in Australië beplan om binnekort ʼn verbod op katte in die openbaar te plaas – tensy die katte aan ’n leiband is.

Veranderings aan wetgewing in Freemantle, Wes-Australië, hou ’n verbod in op katte wat vrylik rondloop in alle gebiede wat deur die raad besit word. Dit sluit in strate, openbare parke aan die rand van die stad en beboste gebiede.

Stadsraadslede het Adin Lang se mosie gesteun dat wetgewing gewysig word om verskeie soorte wildspesies te help beskerm en die risiko te verminder dat katte deur motors getref word. “In die 1970’s het honde in ons strate rond geloop, ek verwag dat rondloperkatte ook nou iets van die verlede sal wees”, vertel hy.

Perth Now berig dat Tom Hatton, voorsitter van Wes-Australiese Feral Cat Working Group, onlangs ʼn voorlegging aan die Fremantle-stadsraad gedoen het en redes aangevoer het waarom kateienaars hul troeteldiere eerder tuis moet hou.

“Daar is twee goeie redes waarom jy jou kat by die huis moet hou,” sê hy. “Die druk wat rondloperkatte op stedelike wild plaas, asook die wetenskaplike bevindinge dat huiskatte baie langer leef en gesonder is indien hulle nie vrylik kan rondloop nie.

(Foto: Unsplash)

“Terwyl ons ʼn verbod in gebiede in ons natuurlike beboste gebiede het, is daar steeds [rondloper] katte. Dié gebiede het ʼn buffer nodig. Baie van ons inheemse parke aan die rand van die stad wat ook as toevlugsoorde vir wild dien, het beskerming teen katte nodig.

“Huiskatte maak 30 keer meer wild dood as volwasse katte in die bos,” sê hy.

“Dit gaan oor die beskerming van ons natuurlewe en dit gaan ook daaroor om mense se katte te beskerm teen katgevegte of om deur motors getref te word.”

Amptenare sal nou die voorgestelde wetswysiging opstel, waarna dit vir openbare insette voorgelê sal word voor dit moontlik deurgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

My buurman het ‘n vreeslike “wille” kat. Sal graag wil sien hoe kry ‘n mens ‘n halsband om so rowwe kat se nek sonder om self in die slag te bly – ha ha ha. En daar sal sekerlik baie sulke gevalle wees

Ansie ·

Hy kan altyd sy werf onhein met ‘n katbestande omheining. Hy hoef nie die kat vir “walkies” te neem nie.

AH ·

My katte laat hulle nie “inspan” nie – ek het al almal van hulle aan leibande probeer sit wanneer ek met die honde gaan stap. Hulle het meestal saam gestap (los) maar binne die parkie gebly. Nou wonder ek wat sal gebeur as die wetgewing na ons land en area toe kom. Ek sal seker maak ‘n deel van die tuin in ‘n “Catio” moet laat omskep…..

Lourens CFG ·

Mens leer die kat, net soos ‘n hond, van jongs af.
Dit sal die gekattemieau in die nag ook stop.

Kirst ·

Ek wens hulle wil dit hier instel. In die sewe jaar wat ons nou in ons huis bly het ons alarm nog net een keer afgegaan toe ‘n inbreker die straal voor die huis gebreek en toe weggehardloop het. Al die ander kere was dit iemand se kat en telkens in die middel van die nag. Ek is nie lief vir katte nie.

SirDikDeDunnerin ·

Een van die redes aangevoer waarom Builepes so vinnig versprei het in 1360’tigs was juis weens n tekort aan vrylopende katte – duiweljagters het die huiskatte saam met eienaars voor die voet uit geroei.

Pierre ·

en dan neem die rotte en muise oor. Waar gaan hulle halsbande vir hulle kry?

Belinda ·

Katte is diere wat “roam” – dis hul natuur. dis n groot sonde om hulle in n huis te wil toe sluit!

marius ·

Voer ‘n paar van die Wuhan nasie in . Dan is daar geen kat , hond of muis oor nie . Ook nie slange nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.