Avontuurlustig? Maatskappy wil jou betaal om om die wêreld te reis

Is jy avontuurlustig met ʼn liefde vir jenewer? Dié maatskappy sal jou betaal om binne 80 dae (of minder) om die wêreld te reis.

Mr. Fogg’s, ʼn restaurantgroep in Londen, en Bombay Sapphire Gin is op soek na ʼn persoon wat om die wêreld sal reis en jenewer te drink om voorraad te bekom vir hulle nuwe kroeg, die Society of Exploration Bar.

Jy kan nou inskryf vir dié kompetisie (opskud, die sluitingsdatum is Maandag, 27 Augustus) en die wenner en ʼn vriend sal onder andere na Mumbai, Hongkong, Tokyo, San Francisco, New York en Lissabon reis om jenewer te proe en sekere botaniese monsters te versamel.

Die wenners sal dieselfde roete volg wat Phileas J Fogg, die fiktiewe karakter in Jules Verne se boek, Around the World in 80 Days, gevolg het. In die boek het Fogg ʼn weddenskap van £20 000 (ongeveer £2 miljoen in 2017) met Londen se Reform Club aangegaan dat hy binne 80 dae om die wêreld kan reis. Hy en sy Franse dienskneg, Jean Passepartout, val dan op 2 Oktober 1872 in die pad om die weddenskap te wen. Hulle is onbewus dat hulle deur ʼn speurder genaamd Fix agtervolg word. Fix vermoed Fogg het die Bank of England beroof.

Die restaurantgroep, Mr. Fogg’s, se dekor is gebaseer op dié periode se styl en modes.

Die wenners sal ʼn atlas, joernaal en heupfles ontvang vir hul reis en alle reiskoste word gedek deur Mr. Fogg’s. Hulle sal hul reis met sosialemediaplasings moet dokumenteer en oral genoeg foto’s en video’s neem. Hulle moet ʼn geldige paspoort hê en natuurlik ʼn liefde vir jenewer.

Die inskrywingsvorm is omvattend en buiten jou CV moet jy ook bevestig hoeveel lande jy in die afgelope vyf jaar besoek het, aandui wat tot dusver jou grootste avontuur (en grootste verleentheid) was en bevestig dat jy al Jules Verne se Around the World in 80 Days gelees het.

Jy benodig ook ʼn liefde vir die Victoriaanse era, ʼn liefde vir jenewer en jy moet stiptelik wees.

Jy moet beskikbaar wees om die tog tussen Augustus 2018 en November 2018 aan te pak, nie bang wees om jou hande vuil te maak nie en bereid wees om in Victoriaanse klere rond te loop.

Klik hier om vir dié geleentheid in te skryf

Apply for the Chance To Go Around the World in 80 Days with Mr Fogg’s from Inception Group on Vimeo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nettie ·

Ek sal!!!!!!!!!! Ek sal!!!!!!!!!!!! Ek sal!!!!!!!!!!!!!!

Ek kan net nie waarborg dat ek die hele reisj deur …. hik …. nugter genoeg sjal kan bly om op …. hik …. die volgende vlug te kom om verder the reisj nie …… hik ………..

CAROL ·

Hahahaha ……. Ek wonder of jy die 1ste vlug sal maak. Dankie dit was nou n lekker lag tydjie die

Jackie ·

WOW, dit klink so cool, ek sou wat wou gee om dit te doen :(
Kom jong mense, dis n kans van n leeftyd, GRYP dit aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.