ʼn Boer in Hawaii het vermoedelik die wêreld se grootste en swaarste avokado’s gekweek.
Kenji Fukumitsu, van Hōlualoa in Hawaii, se avokado’s is so groot soos ʼn pasgebore baba en weeg elkeen meer as 2,7 kg.
Kenji se familie kweek al byna 80 jaar lank avokado’s en hulle kom almal van dieselfde boom, berig Big Island Video News. Sy ouer broer het aanvanklik in 1941 die boom geënt en dit dra nog jaarliks vrug.
Die avokado’s weeg gemiddeld meer as 2,7 kg elk – die grootste in die wêreld. “Ons het soveel gehad, hulle het van die boom af geval. Die varke eet die avokado’s en ek deel hulle ook met vriende. Hulle smaak bietjie waterig in November, maar daarna is dit baie lekker.”
Kenji skenk ook talle van die reusagtige avokado’s aan ʼn nabygeleë mediese sentrum.
“Ons ontvang elke maand ongeveer 20 of 30 avokado’s,” het dr. Joy McElroy van die sentrum gesê. “Die avo’s is baie groot en ons het besef dis nie normaal nie. Dis baie spesiaal.”
McElroy het toe besluit om die wêreldrekord vir avo’s op te soek en bevind Kenji se avokado’s is baie groter as die huidige wêreldrekordhouer sʼn. Felicidad Pasalo, ook van Hawaii, het die rekord op 3 Januarie 2018 die rekord opgestel met ʼn avokado wat 2.63 kg geweeg het.
McElroy het die Guinness Book of World Records gekontak, maar dit sal tot 12 weke duur voor die organisasie kan bevestig of Kenji die rekord verbeter het.
Kenji is egter nie angstig nie. “Ons dink niks daarvan nie. Ons pluk dit en eet dit en verkoop van die avokado’s.”
Hy het geen verklaring waarom die avo’s so groot is nie.
Sal graag ‘n paar in die hande wil kry!
Jip, ek gee bes, daardie avo is verseker groter as myne.
So terloops … Inkona = arend
As daai ding op jou kop val, eina!!!!
Dis voorwaar baie groot avo’ s hoekom moet ons ten duurste betaal vir avo’ s in ons land? Is dit omdat dit gesond is om te eet of hoe?
Ek het ‘n avo gehad wat so twee jaar gelede my motor se voorruit stukkend geval het. Hy het so 2/3 van ‘n A4 bladsy vol gelê, maar hy is verseker nie so groot soos Kenji s’n nie!
Avoboom wat jaar deir vrug dra? Sou graag n pit wou kry.