Baba aan trourok se sleep vasgemaak

Die baba is aan die sleep van die trourok vasgemaak Foto: Shona Carter-Brooks, Facebook

Die baba is aan die sleep van die trourok vasgemaak Foto: Shona Carter-Brooks, Facebook

ʼn Bruid van Tennessee in Amerika word skerp veroordeel nadat sy haar pasgebore babadogtertjie aan haar trourok se sleep vasgemaak het.

Shona Carter-Brooks het die foto op haar Facebook-blad gedeel en lesers het vinnig hul mening daaroor gelug. Die besluit is deur sommige as “ongelooflik gevaarlik” beskryf en van die persone het selfs aangevoer sy moet by die welsyn aangegee word.

Carter-Brooks en haar man Johnathan is op 12 Mei getroud. Aubrey is glo ʼn maand tevore gebore.

Die rok, deur Vera Wang, het oorspronklik glo tussen $400 (R4 200) en $1 400 (R14 800) gekos voordat die wysigings aangebring is.

Carter-Brooks het gesê haar baba was “wakker en stewig vasgemaak” op die rok se sleep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sylvia ·

ja nee kinder verwaarlosing, waar sien jy jy maak n kind in jou trou rok vas sodat sy saam jou in die padjie af stap, dit kon op n ander manier gedoen geword het, nie aan jou trou rok nie, hoop die welsyn vat jou vas oor die storie.Dis nie vloer lap nie dis n KIND

shene ·

Ek dink haar kind moet van haar af weg gewat word wie doen so iets sleep har kind rond aan har trou rok ek gedink ek het als gesien miskien het ek ni die vrou is net no reg aan har kop ni as sy har kind in die troue wou he Kon sy har baba gedra het iemand wat ni sien dt dt verkeerd is ni het n skroef los

Theresa ·

Ja nee – die wieletjie draai maar die humster is lankal dood………………………………

AmY ·

Hehe. Ten minste kan sy eendag sê sy was deel van die gevolg op haar ouers se troue.

Dit beteken nou nie ek keur goed wat die ma (en pa?) gedoen het nie

Suzette McDonald ·

ag nee wat. ek dink dis ‘n baie oulike idee. die mamma sal mos nie haar baba onnodig in gevaar stel nie, sy sê dan sy het die baba mooi vasgemaak. daar is mammas wat hulle babas by die huis sou gelos het, uit die publiek se oe, hierdie mamma is TROTS op haar baba

Bertie ·

Wat kan mens nou se.Dit is nou wat gebeur as jy n Groot bak “Domkop Flakes”die oggend geeet het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.