Baba laat die skaal kreun

Nicolina en Tobias Newcombe (Foto: Belinda Feek)

Talle persone het gedink sy is swanger met ʼn tweeling en Nicolina Newcombe was self verras toe haar seuntjie twee keer so veel soos ʼn gemiddelde pasgebore baba geweeg het.

Nicolina (33) het sonder ʼn epiduraal gekraam toe Tobias verlede Woensdag by Waikato-hospitaal in Hamilton, Nieu-Seeland, gebore is. Hy het 5,9 kg geweeg.

Annika Reid, die vroedvrou by die hospitaal, het aan die Waikato Times gesê sy is verstom dat Tobias sonder ʼn keisersnee gebore is. “Ek het nog nooit só groot baba normaal gevang nie!”

Nicolina het gesê sy sal nuwe babaklere moet gaan koop, want al die kleertjies wat sy het, is te klein vir haar yslike seunskind.

Dokters het aanvanklik gedink dat Nicolina dalk diabetes het en dit moontlik ʼn antwoord kan wees vir die groot baba, maar sy het negatief getoets vir die siekte. Daar was ook nie tekens dat Nicolina so groot baba dra nie, buiten die “baie seer” skoppe wat Tobias haar gegee het. Nicolina is 1,75 m lank.

Tobias is twee weke laat gebore, maar dit sou slegs ʼn paar gram tot sy gewig bygevoeg het.

Nicolina het aan die New Zealand Herald gesê Tobias is kop eerste gebore en toe die vroedvrou besef hoe groot hy is, het sy die noodknoppie gedruk. “Talle dokters het gekom om te help. Almal het kommentaar gehad oor hoe groot hy is.”

Volgens die Guinness-wêreldrekordboek is die grootste baba ooit Anna Bates se seuntjie Babe, wat in 1879 in Ohio in die VSA gebore is. Babe het 9,97 kg geweeg maar is 11 uur later oorlede. Anna was ʼn groot vrou, sy was 2,41 m lank.

Lees meer oor Nicolina en Tobias: Stuff.co.nz, NZ Herald

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Patrz ·

Respek vir die dame. My seuntjie was 4,9kg met geboorte maar gelukkig was hy met keizersnee gebore!!

Jo-anli ·

My eerste seun was 4.7 kg met normale geboorte en tweede kind 4.5 kg ook normaal met geboorte ekis 1.60m en het geweeg met geboortes 60 kg.
Albei kinders is nou 2.2m lank my man is 1.67.
Baie trots.

Niek ·

Wow. Hy is ses keer swaarder as wat ek was. Ek is 6″2 vandag. Gaan hy ‘n reus word? Hoop hy is baie gesond en word normaal groot.

PaulV ·

Ses keer swaarder as wat jy was? Jy het dus minder as 1 kg geweeg??

Jepetto ·

Passop bokke hier kom a groot All Black rugby speler dit gaan a reus wees

Cathleen ·

Wow, wat n awesome sterk mamma! Ek haal my hoed af vir haar. My baba seuntjie was 5,36kg met geboorte (7maande terug) en ek was te bang om normal te gaan, maar my scans het gese groot Doctors en midwives hier is Aus was verstom. Jou baba is te bloody cutie en het n awesome mamma.

Peanut ·

Sjoe, dit moet eina wees.
Toe my broer 55 jaar gelede teen n outydse ’12pond 13 onse’ in die wereld gekom het, het almal gedink hy gaan n massiewe man word, maar hy is n gemiddelde 1.82m en weeg onder 90kg. Baie fiks en baie gesond.

Mariaan ·

Hier by ons is nou die dag ‘n seuntjie gebore wat 6,4 kg geweeg het by geboorte

Luci ·

My seun was 5kg ek net 1.6 en en kort het gewone geboorte gegee want dokter het nie die scan of die vroedvrou geglo dat dit groot baba gaan wees nie my seun is amper 16 jaar oud hy is 1.7 nou soos al klaar 10cm langer as ek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.