Baba met gesplete verhemelte gryp harte aan

Baba River

Baba River

ʼn Foto van ʼn babaseuntjie met ʼn gesplete verhemelte gryp die harte aan op sosiale media, maar is terselfdertyd ʼn wekroep.

ʼn Vrou van Kentucky in die VSA het die foto van haar vriendin se babaseuntjie op haar blog gelaai. Sy het verder verwys na ʼn oomblik tussen haar vriendin en dié se dogter. “My man het doeke huis toe gebring. My dogter, Rain, het na die boks gekyk en opgemerk: ‘River kan ’n babamodel wees, hy is so oulik!’” Die ma keer toe gou: “Hoewel River baie oulik is, is hy nie noodwendig waarna advertensieagentskappe soek nie.”

“Wat? Hoekom nie?” wou haar dogter weet. “Wel, hy is nie heeltemal ‘perfek’ om te voldoen aan die kriteria vir babamodelle nie.” Die dogter se antwoord was kort en kragtig: “Wel, hy ís perfek.” Toe kon die ma nie anders nie as om toe te gee: “Jy is reg, hy moet ʼn babamodel wees.”

Die vriendin het toe die foto op haar blog gelaai en ʼn beroep op advertensieagentskappe gedoen rakende die gebruik van kinders met spesiale behoeftes in advertensieveldtogte. “Ek stem saam met Rain. Haar boetie sal die perfekte model wees vir doekebokse. Ek sal mal wees daaroor om babas met fisieke en sigbaar spesiale behoeftes op doekebokse of ander babaprodukte te sien.”

Die vriendin se inskrywing het intussen soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei, gevolg deur woorde van bewondering en bemoediging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

elena lensley ·

Ek stem volkome saam. Hoekom nie die kinders ook n kans gee nie? My seun is ook gebore met n “bilateral cleft lip and palate”

Charlene ·

Om ‘n baba te aborteer met ‘n gesplete verhemelte is nie reg nie. Dit kan herstel word en die baba kan normaal aangaan

Magda ·

My vriendin het se eerste baba was ook gebore met n gesplete lip en verhemelte sy het baie operasies gehad. Vandag is sy n pragte vrou met kinders. n Mens kan skaars die merk sien waar sy geopereer was.

Zoey ·

Wonderlike ouers, Ons Dierebare Here weet gewoonlik wat ouers so spesiaal is om kinders met ‘n gebrek of ‘n abnormaliteit voor te gee. Ek hoop baba River bereik al die mense oor die wereld, wat om anders te lyk, beteken nie noodwendig jy is anders nie. Ek is so bly die ouers het besluit (indien hul geweet het) om hul baba ‘n kans te gee in die lewe. Ek sal ook nie twyfel daaraan om my babatjie te hou indien ‘n dr vir my moet se daar is ‘n gebrek nie. God gee lewe, en God alleen mag lewe neem.

jenna ·

Genugtig Charlene…WIE het van aborteer gepraat? Ek dink nie daar bestaan ouerpare wat babas oor misvormde lippie en verhemelte sal aborteer nie!!Waar kom jy nou daaraan?

Sune van Heerden ·

Dagsê Jenna

Let asseblief daarop dat ons kommentare verwyder het wat nie aan ons bepalings en voorwaardes voldoen het nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Toetie ·

My kind is 13 jaar gelede gebore met n bilaterale verhemelte en lipspleet. Hy is die mooiste kind met die beste hart in die hele wereld. Hy is vanaf sy eerste jaar op skool ‘n uitstaande akademiese presteerder, n kranige atleet en bowenalles ‘n uitgesproke kind van God. Ek sal hom nie veruil vir 100 seuns sonder splete nie en ons dank die Here elke dag vir ons begaafde kind. My advies aan ander ouers is dat hul hul kind moet behandel soos enige ander kind. Dit is bloot n klein defek en nie n gebrek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.