Die ma van Engeland se grootste gesin het aangekondig haar 22ste baba word binnekort gebore.
Sue Radford (44) van Morecambe in Lancashire en haar man Noel (48) het in ʼn video op YouTube onthul hulle het ʼn datum op hul kalender aangeteken om hul 22ste kind te verwelkom.
Sue is tans in haar 29ste week van swangerskap en is opgewonde dat die babatjie so mooi groei. “Sy sal na verwagting 3 lb 3 oz (1,49 kg) weeg met geboorte,” het Sue bygevoeg. “Ons het nou ʼn induksiedatum. Ek gaan nie die datum deel nie, maar ons weet wanneer sy hier gaan wees. Dis in die dagboek neergeskryf.”
Met die egpaar se laaste kind wat in 2018 gebore is, het hulle aanvanklik gesê daar sal nie nog kinders wees nie. Noel het ná hul negende kind se geboorte ʼn vasektomie gehad, maar hulle het dit laat omkeer toe hulle besluit het om nog kinders te kry.
Die egpaar het in 2008 bekendheid verwerf toe hulle met 13 kinders gespog het. Nou het hulle ook al drie kleinkinders by hul dogter Sophie (die sesjarige Daisy, vierjarige Ayprill en tweejarige Leo).
Die gesin maak staat op Noel se bakkery om ʼn inkomste te verseker en hulle ontvang ook £170 (sowat R3 200) per week in kindervoordele. Hulle spandeer weekliks ongeveer £350 aan kos.
Hulle het in 2004 ʼn tienslaapkamerhuis gekoop vir £240 000.
Die Radfords se kinders is Chris (30), Sophie (25), Chloe (23), Jack (22), Daniel (20), Luke (18), Millie (17), Katie (16), James (15), Ellie (14), Aimee (13), Josh (12), Max (11), Tillie (9), Oscar (7), Casper (6), Hallie (4), Phoebe (3), Archie (2) en Bonnie (1). Hul seun Alfie is in Julie 2014 stilgebore.
- Die Radford-gesin (Julie2019) (Foto: The Radford Family/Instagram)
- Kerskouse vir die Radford-gesin (Desember 2019) (Foto: The Radford Family/Instagram)
- Sue Radford (Januarie 2020) (Foto: The Radford Family/Instagram)
- Sue Radford (Februarie 2020) (Foto: The Radford Family/Instagram)
- Die Radford-gesin (Januarie 2019) (Foto: The Radford Family/Facebook)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
so, met die geboorte van die eerste kind was die Ma 14 en Pa 18
Ag nee man, dit is bietjie belaglik !
Maak oop, maak toe, maak koffie is hulle leuse
Ditsem Hendrik maar jou wiskude laat niemand in die steek nie.
is dit al waaraan huule dink of wat ? blykbaar rol hulle in die geld ….