Baba se haredos laat die koppe draai

Foto: Tara Simich/Instagram

Boston Simich is op 4 Desember 2018 gebore met die bos hare. Sy ma, Tara Simich, stigter van die internasionale fiksheidsmaatskappy The Jungle Body, sê vreemdelinge vra haar gereeld vir foto’s van Boston. Die gesin woon in Perth, Australië.

“Oral waar ons gaan keer mense ons voor. As iemand agter my loop, dan hoor ek hoe hulle vir mekaar sê ‘kyk daai baba se hare’,” het die 28-jarige ma van twee seuns gesê.

Alhoewel dit lyk of Boston sopas uit ʼn haarsalon stap, staan sy hare regop sonder enige hulp van ʼn haardroër, maar dit moet daagliks gewas word.

Tara sê sy glo nou die ouvroustorie dat ʼn baba met baie hare sooibrand veroorsaak. “Ek het verskriklik sooibrand gehad tydens my swangerskap, en dit was glad nie só met my ander seun, Jagger, nie.”

Sedert Tara foto’s van Boston op Instagram begin deel het, het hulle advertensie-aanbiedinge gehad van maatskappye wat kinderklere en babakos verkoop. ʼn Modelagentskap het al ook by hulle aangeklop.

WEN!

Jy kan ‘n kontantprys van R1 000 wen met ‘n foto van jou baba se haredos! Klik hier om in te skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Melanie ·

Dit is waar, ‘n swanger vrou wat baie sooibrand kry, kan maar verwag haar kind gaan gebore word met baie hare. Die hele kraamsaal se verpleegsters het destyds na my seun kom kyk. Hulle kon nie glo ‘n pasgebore baba het so baie hare nie.

Janine ·

Ouvrou, ek stem absoluut saam! Was al op die ‘kraamtafel’, waar ek nog koeksoda gesluk het vir sooibrand. Nie een van VIER kinders is met hare gebore nie. Almal kaalkoppie tot na jaar oud. ;)

Andreas ·

Pragtig, pragtig ….. hehehehe. Elke keer as ek en my vrou, dié tyd van die jaar in die Wildtuin vakansie hou en ons sien daardie geelbruin grasse vir sulke lang ente langs die pad staan, dan praat ons van die Bolhuis-cut!

Saartjie ·

Dankie, Manie, ek kon nie die naam onthou nie. Die knapie lyk wraggies net soos daardie ‘troll pencil toppers’ wat eens so ‘n geweldige gier was!

Gesiggie ·

Moester aarde.. dit is omtrent n bos hare? maybe het Mamma bob martens gedrink tydens haar swangerskap?? ou mense glo laat mens se naels en hare groei”’ en ja sy moes erg sooibrand gehad het…. tog te fraai vir woorde” maar dink maar Mamma kan bietjie sny nou..

Miems Heyman ·

Ja nee mamma klein Simpson kort ‘n besoek aan die haarkapper. Pragtige baba.

Stella ·

Genade!!die outjie sal eendag net moet werk vir geld vir haarsny,,oh man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.