Babadogtertjie na inperking vernoem

Argieffoto (Foto: Karina/Pixabay)

ʼn Ma wat haar baba na die inperking vernoem het, sê sy het “geen berou nie” en gee nie om wat enigiemand dink nie.

Jodi Cross (36) van Bedfordshire in die ooste van Engeland het tydens die land se twee koronavirus-afsonderingsperiode swanger geraak met haar eerste dogter.

Sy en haar man Rob (36) het met ʼn unieke naam vorendag gekom. Lockie, vernoem na “lockdown”, is op 28 November 2021 gebore.

Haarkapper Jodi sê die afsonderingsperiode was die rede hoekom sy uiteindelik swanger kon word, want hulle het meer tyd gehad omdat sy en haar man nie kon werk nie en sy was baie rustiger in dié tydperk.

Volgens haar was die inperking “ʼn baie goeie tyd” in hul lewens, ondanks die pandemie, en hulle wou klein Lockie daarna vernoem.

Niemand het al ooit vir haar enigiets sleg gesê oor die naam nie, maar sy vermoed hulle skinder agter haar rug. “Mense sal dalk nie van die naam hou nie, maar ek gee nie om wat hulle dink nie.”

Bron: Wales Online

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan Seerot ·

Was daar nie ‘n astertjie met die naam Goldilocks nie? Die kloutjie en die oor kom by my op.

Janine ·

Arme kind. Net omdat julle as ouers meer ‘tyd’ gehad het, beteken nie jul dogter moet gestraf word nie. Hoe simpel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.