Balans-truuk: Vroue kan, maar mans kan nie

Skermgreep uit die video

ʼn Truuk op TikTok daag kykers uit om hul balans te behou terwyl hulle op hul knieë staan en hulle hul elmboë van die grond oplig – en ʼn wetenskaplike sê daar is ʼn goeie rede hoekom mans hiermee sukkel.

Dis ʼn eenvoudige toets: staan op jou knieë op die grond en plaas jou elmboë op die grond voor jou. Plaas nou jou hande onder jou ken om jou kop te ondersteun. Al wat jy dan moet doen, is om een hand agter jou rug te sit, gevolg deur die ander en probeer dan om in dieselfde posisie te bly sonder om te val.

Verskeie video’s van persone wat val wys hoe persone met hul kop op die vloer val – so gebruik asseblief die video’s as voorbeeld en moet dit nie self probeer nie.

Twee TikTok-sterre, Jason en Rachel, het die “swaartekrag”-uitdaging gedeel toe hulle dit op hul kanaal gedeel het. Rachel probeer eerste, en sy glimlag terwyl sy die uitdaging voltooi, maar Jason val op sy neus. Die video is reeds meer as 1,7 miljoen keer gekyk.

Gebruiker Remus Bujor het egter ook probeer – en ook vorentoe geval.

Die sosialemediaplatform is vol video’s van vroue wat dit maklik kan doen en mans wat vooroor val.

Gebruikers het in die kommentaar ʼn verduideliking probeer gee. “Hoër ewewigspunt. Dit gaan oor mens se liggaamsvorm,” het een gesê. Ander reken dit het te doen met mens se lengte, maar ander sê daar is ʼn verskil in die tegniek: “Die meisies buig nie teen 90 grade soos die ouens nie.”

“Ek is ʼn meisie en ek kan dit nie doen nie – die ander meisies leun terug en dan is dit makliker – dis hoekom! As meisies dit dieselfde as die ouens doen, sal hulle ook vooroor val,” het nog een gesê.

ʼn Wetenskaplike, Jeremy Johnson, het vroeër in sy blog verduidelik die verskil in ewewigspunt tussen mans en vroue is inderdaad die verduideliking. “Die ewewigspunt vir meeste vroue is laer na die heupe, terwyl mans sʼn veel hoër is.”

@jason.rachel

YouTube – Jason&Rachel #fyp #foryourpage #foryoupage #comedy #couplegoals #couple #love #viral #xyzbca #relatable #relationship

♬ Rasputin (7″ Version) – Boney M.

@remus.bujor

#stitch with @jason.rachel why MEN can’t do this?? ???????? anyone can explain?!

♬ Rasputin (7″ Version) – Boney M.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

LD ·

Gaan dit beslis probeer! Ons gesin is mal oor sulke dinge, en daar is ñ hele paar van dié truuks wat mans mee sukkel! Dis altyd lekker lag as ons nuwe dinge probeer. Die kinders is al so dat hulle familie lede aanmoedig om te probeer, veral by ñ familie braai! En dan skatter-lag almal! Groot pret!

Misky ·

Vrouens is nou maar net die beste en in soveel opsigte – ha ha ha ha…… Dink tog daar is tegniek daaragter en sy lê half terug in haar heupe as sy haar hande agter haar rug sit

Baardman ·

Nee ou Misky, probeer dit gerus, hierdie keer is mans maar net nie daar nie

Baardman ·

O my griet, daar val ek my binne in my ….. en my dogter kry dit reg, lekker gelag in die huis nou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.