‘Bambi’-fliek is deel van stroper se vonnis

Bambi

ʼn Hof het beveel ʼn man, wat honderde bokke gestroop het, moet herhaaldelik die Disney-fliek Bambi kyk as deel van sy vonnis.

Die plaaslike koerant, die Springfield News-Leader, het berig David Berry Jr. van Missouri sal die fliek minstens een keer elke maand moet kyk tydens sy jaarlange tronkstraf. Die saak word as die grootste bokstropery-sake in die land se geskiedenis beskryf.

Staatsaanklaers sê Berry het die bokke vir hul koppe doodgemaak en hul karkasse agterweë gelaat.

Hy is gevonnis op aanklag van onwettige stropery.

Drie van Berry se familielede en nog ʼn man is ook in verband met die stropery aangekeer. Hulle moes regskoste en boetes van $51 000 betaal.

Berry is ook in die nabygeleë Barton County tot 120 dae tronkstraf gevonnis op aanklag van ʼn vuurwapenoortreding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Susan Deetlefs ·

Dit is jammer dat sulke berigte soos van die twee boere wat die jongman gehelp het om die band van die bakkie reg te maak nie meer gereeld in die media verskyn nie – net ‘n bewys dat almal nie oor die kam van rassisme geskeer kan word nie. Daar is gereeld “stories” oor soortgelyke gevalle wat nie die media bereik nie – soos ‘n blanke vrou – hoog swanger – wat probleme met haar motor gekry het terwyl sy oppad na Johannesburg was vir ‘n baie belangrike afspraak. ‘n Nie blanke man het stilgehou om haar te help. Toe hy hoor dat sy ‘n belangrike afspraak het het hy aangebied om haar na haar bestemming te neem. Hy het haar betyds vir die afspraak op die regte plek besorg. Sy kon toe reël dat iemand haar motor kon insleep. VIVA Suid Afkrika! Al sê wie ookal wát, ons mense gee vir mekaar om.

GM ·

Watse straf is dit nou om ‘n kinderfliek EEN keer ‘n maand te kyk? Menigte ouers
met kleuters/peuters sal vir hulle kan wys wat ‘straf’ regtig beteken wat stories oor en oor kyk, aanbetref. Haha.

M'Lady ·

Hierdie stropers voel n veer. Die fliek sal geen invloed op sy psige he nie. Alreeds te ver heen. Geen gevoel vir enige dier nie.

Wirrim ·

Nee flop! As ek daai fliek ooit weer *MOET* kyk, hou ek liewer op jag!! Dit is ‘n erge straf!!!

Bambi vir President!! ·

Wirrim hou asseblief op met jag. Moet asseblief nie die onskuldige weerlose diere doodskiet nie.

JS ·

Wild stropery is ‘n euwel, en ek is bly die mense is gevang en gevonnis. Maar oor die jag opmerking; my Skepper het my ontwerp om vleis te eet, so ek het net soveel reg soos enige leeu of luiperd of enige ander karnivoor of omnivoor om my prooi te jag en te eet. As jy nie van jag hou nie, moet dit dan nie doen nie – maar spaar ons tog die emosionele snikkrete en skynheilige verontwaardiging terwyl jy langtand aan jou biefstuk of skaaptjop smul. Bokke is pragtig en oulik en alles, maar eers en eerstens is hulle ons kos. Niks gaan dit verander nie – kom oor dit.

Devill ·

Vir die wat nie geweet het nie, Bambi is ‘n rammetjie en nie ‘n ooi nie.

Saartjie ·

Ek dink hy moet meer diereflieks as net Bambi sien en sommer ook by sy plaaslike DBV gaan help.

Terloops, Maroela, ‘agterweë gelaat’ word nie korrek gebruik nie … bedoel julle ‘agtergelaat’?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.