Soorte resepte:

Bar One-koppies

Foto: Japtrap-braai

Wanneer die vuur uitgebrand is en jou gaste versadig voel, is dit die ideale tyd om ‘n heerlike kuier op ‘n hoë noot af te sluit deur ten slotte ‘n warm drankie met ‘n skeut van iets sterkers as net soetigheid voor te sit. Blikbekers werk die beste.

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

8 klein Bar One®-sjokolades
500 ml (2 k) vars room
500 ml (2 k) melk
brandewyn (opsioneel)
20 ml (4 t) botter
geklopte room (opsioneel)
8 malvalekkers (opsioneel)

Metode:
1. Breek die mini-sjokoladestafies in stukke en verdeel dit tussen vier blikbekers. Giet 125 ml (½ k) room en 125 ml (½ k) melk in elke beker. Voeg ‘n skeutjie brandewyn en ‘n teelepel botter by elk en roer tot goed gemeng.
2. Plaas dit waar die vuur die minste hitte oor het, en roer af en toe totdat die sjokolade heeltemal gesmelt het. Om dit nog meer dekadent te maak kan jy ‘n lepel geklopte room en ‘n paar malvalekkers bo-op elk plaas om die drankie mooi af te rond.

Genoeg vir 4

Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap-braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.