Barbie-rolmodelle wat dogters wil inspireer

Amelia Earhart, Frida Kahlo en Katherine Johnson (Foto: Mattel)

Internasionale Vrouedag word wêreldwyd op 8 Maart gevier en Mattel, die vervaardiger van die langbeenpop, Barbie, het 19 poppe bekendgestel wat as rolmodelle vir dogters kan dien.

Die speelgoedmaatskappy Mattel, wat al 59 jaar lank, sedert Maart 1959, Barbies vervaardig, het met ma’s gesels en 86% het gesê hulle is besorg oor die tipe rolmodelle waaraan hul dogters blootgestel word.

“Meisies kon nog altyd verskillende rolle en loopbane beleef saam met Barbie, en ons is opgewonde om nou die lig te werp op werklike rolmodelle om hulle te herinner dat hulle regtig enigiets kan word,” het Lisa McKnight, senior adjunkpresident en algemene bestuurder van Barbie, in ʼn verklaring gesê.

Elke “Inspiring Women”-pop bevat ʼn inligtingskaartjie oor die manier waarop die betrokke vrou haar gemeenskap en die wêreld verander het.

Daar is verskeie geskiedkundige en moderne figure, soos Amelia Earhart – die eerste vrou wat oor die Atlantiese Oseaan gevlieg het, en Frida Kahlo, die bekroonde Mexikaanse kunstenaar en aktivis.

Daar sal gereeld nuwe poppe vrygestel word, het ʼn woordvoerder vir Mattel gesê.

Uit die Inspiring Women-reeks:

Katherine Johnson (Nasa-wiskundige en fisikus, VSA)


Frida Kahlo (kunstenaar, Mexiko)


Amelia Earhart (lugvaartpionier, VSA)

Uit die Barbie Shero-reeks:

Chloe Kim (sneeubordkampioen, VSA)


Patty Jenkins (filmmaker, VSA)


Nicola Adams Obe (bokskampioen, Engeland)


Ibtihaj Muhammad (skermkampioen, VSA)


Bindi Irwin (natuurbewaarder, Australië)


Hui Ruoqi (vlugbalkampioen, China)


Ashley Graham (model en liggaamsaktivis, VSA)


Misty Copeland (ballerina, VSA)


Hélène Darroze (wêreldbekende sjef, Frankryk)


Sara Gama (sokkerspeler, Italië)


Martyna Wojciechowska (joernalis, Pole)


Gabby Douglas (gimnas, VSA)


Xiaotong Guan (aktrise en filantroop, China)


Ava Duvernay (regisseur, VSA)


Yuan Yuan Tan (ballerina, China)


Leyla Piedayesh (ontwerper en entrepreneur, Duitsland)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Renier ·

Ah ‘n bietjie meer postmodernistiese propaganda. Ek maak beswaar oor die ooglopende diskriminasie deur ‘n moslem rolmodel met ‘n Hijab ingesluit word maar nie ‘n enkele een met ‘n Niqab nie (hulle wil nie die absurditeit van die soort propaganda te ooglopend maak nie wil hulle?).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.