Barbra Streisand se honde is gekloon

Barbra Streisand saam met Miss Scarlet en Miss Violet (Foto: Skermgreep uit Variety-video)

Tydens ʼn onderhoud met Variety-tydskrif het die bekende aktrise Barbra Streisand onthul dat haar honde gekloon is.

Twee van haar honde, Miss Violet en Miss Scarlett, is gekloon van haar 14-jarige Coton du Tulear Samantha, wat in 2017 dood is. Voor Samantha dood is, het Streisand selle van haar bek en maag geneem, sodat sy gekloon kon word.

“Hulle het baie verskillende persoonlikhede,” het Streisand gesê. “Ek wag nou net dat hulle ouer word, sodat ek kan sien of hulle [Samantha] se bruin oë en ernstige persoonlikheid het.”

Sy het ook ʼn derde hond, Miss Fanny, wat sy aangeneem het.

Toe die twee gekloonde honde opgedaag het, het sy die twee in rooi en pers geklee, om hulle uit te ken, en dis hoe hulle hul name gekry het, Miss Scarlett en Miss Violet.

Al drie honde is gereeld op Streisand se Instagram-profiel te sien.

Lees die volledige voorbladartikel in Variety.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Asof die wêreld nie genoeg van hierdie miniatuur skapies in die voorkamer het nie, moet hulle nou ook as identiese kopieë vervaardig word. Belowe my net dat niemand eendag vir Streisand sal wil kloon nie, want..

Chelle ·

Casper, I catch your drift! Stem honderd present saam met jou.
Jou humorsin is vlymskerp.

rollie ·

Barbara kan ook maar gekloon word. Definitief my gunsteling sangeres van alle tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.