Beeste nou op sjokolade-dieet

Foto: Pixabay

Die Wagyu-biefstuk is die koning van alle vleissnitte en word reg oor die wêreld as die lekkerste beesvleis beskou. Foto: Pixabay

Die Wagyu-biefstuk is die koning van alle vleissnitte en word reg oor die wêreld as die lekkerste beesvleis beskou. Dié spesiale snit se hoë persentasie vet en sappige smaak maak dit ʼn gunsteling in top-restaurante. Hoewel dit ʼn spesiale stuk vleis is, is kwaliteitbeheer soms ʼn probleem.

Volgens The Independent het ʼn Boer in Australië net die regte bestanddeel om die beste kwaliteit Wagyu-vleis te verseker – hy voer sy beeste sjokolade.

Scott de Bruin van Mayura Station, die grootste plaas in Suid-Australië, sê hy voer sy trop (7 500 beeste) al vir die afgelope tien jaar sjokolade omdat hy gesukkel het om die regte voer te kry in die afgeleë omgewing waar hy woon. Omdat koeie vier mae het, kan hulle omtrent enigiets verteer.

De Bruin meng Cadbury’s-sjokolade en ander nodige voedingstowwe in die beeste se voer. Die sjokolade word reeds op die ouderdom van 30 maande by kalwers se dieet gevoeg. Namate hulle ouer word, word die persentasie sjokolade verhoog. Dié hoëkalorie-dieet gee die vleis ʼn pragtige “glans”.

“Die beeste is mal daaroor,” sê De Bruin. “As jy dit in jou hand hou sal hulle agter jou aanloop. Hulle is soos kinders.”

Dit is nie die eerste keer dat sjokolade gebruik word om beeste mee te voer nie. In 2012 het boere in die VSA hul koeie sjokolade, malvalekkers en jellielekkers gevoer toe koringpryse die hoogte ingeskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MeAngel ·

“hulle is soos kinders” en loop agter my aan………..wie het die hart om diere te slag, veral as hul soos kinders is en agter jou aanloop?!?!?!?! Dis reg,……ek is ‘n vegetarier. Gaan jy jou hond / kat ook slag? Wat is nou eintlik die verskil……………

Vleisvreter ·

MeAngel. Ek het nie meer ‘n hond of ‘n kat nie. Die bure ook nie. Ek is mal oor ‘n tjoppie, veral ‘n lekker skaap tjoppie. Gooi jou vaal wortels weg en kom kuier. Bring net jou eie kat of hond saam. ( Dis reg—ek eet vleis)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.