Behendige hengelaar steel hangertjie met ʼn visstok

Skermgreep uit die kringetelevisiebeeldmateriaal via Victoria-polisie

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe ʼn man ʼn visstok gebruik om by ʼn ontwerperswinkel in Australië se venster in te breek.

Die man het ʼn klein gaatjie gemaak in die venster van die winkel, geleë in Melbourne se middestad. Hy gebruik dan ʼn visstok om die Versace-hangertjie te haak en te buit, het die plaaslike polisie Woensdag gesê toe hulle ʼn video van die voorval op sosiale media gedeel het.

Die man het ongeveer drie ure lank gespook om uiteindelik die hangertjie van ʼn manekyn af te steel.

Hy het eers ʼn kleiner visstok probeer voor hy later met ʼn groter visstok die goue hangertjie, ter waarde van ongeveer AUS$700 (ongeveer R7 000), gesteel het.

Die polisie is nou op soek na die verdagte wat op 24 Februarie omstreeks 02:00 die oggend by die onderneming in Little Collinsstraat ingebreek het, het Creina O’Grady, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Twitter-gebruikers het op die video reageer en gesê vir die man se moeite verdien hy eintlik om die hangertjie te behou. “Legende! Los hom uit!” skryf een gebruiker. “Die hangertjie is nou wettiglik syne,” skerts ʼn ander.

Steven Adigrati, die winkel se eienaar, het gesê die man het ʼn gaatjie in die venster gemaak sonder om die alarm te laat afgaan. “Dis tegelykertyd verregaande en dapper,” het hy aan ABC News gesê. “Om te dink hy het een keer, en toe twee keer, met ʼn visstok teruggekeer om ʼn klein gaatjie te maak en die hangertjie te steel. Ek was geskok.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael ·

Die westerse mense in Australië se voorvaders was kriminele wat van Engeland kom die gene kom net sterk deur in hierdie geval lol

Tienie ·

Baie interessant.

Ek wonder wat van SA se Tonnelrowers geword het.

Dit is mense met ‘n senuwees van staal.

isabelle ·

jinne wie staan en dink aan sulke dinge ….of kom dit net so onverwags op…en dan gaan oefen hy dit nog uit en kom reg :O

petro ·

Ai, slim vang sy baas. Goeie hengelaar, maar nie ‘n goeie vermomming nie!

Moedeloos ·

Hoe ou Ouboet gesê het: Ok maar lekker stupid! As ek hy was sou ek my gesig bedek het en swart klere gedra het dan sou niemand my kon herken het nie.

Gato ·

Die ou het baie geduld. As dit is SA was is die venster eenvoudig stukkend geslaan en die winkel is leeg gemaak. Hy het seker maar ‘n spesiale vrou in sy lewe wat hy wil bederf

Maknemuilius ·

Wat ‘n getjommel! Jy moet hier kom kyk hoe jaag ons sommer deur die deur met ‘n gekaapte kar en vat dan net wat ons wil ou Boet! Ausies kan ook niks behoorlik doen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.