Bejaardes is nou Engeland se oudste pasgetroudes

Sid Ratcliffe en Iris Law Foto: SWNS

Sid Ratcliffe en Iris Law Foto: SWNS

Twee bejaardes, altwee in hul 90s, is pas in Engeland in die eg verbind.

Sid Ratcliffe (97) en Iris Law (90) is Woensdag tydens ʼn klein seremonie in Wolverhampton in Engeland getroud. Hulle is nou Engeland se oudste pas getroude paartjie.

Die egpaar, wat altwee vroeër hul eggenote aan die dood afgestaan het, het mekaar in 2001 by ʼn bushalte ontmoet, berig SWNS. “Ons was bure en het gereeld dieselfde bus gehaal. Dit was liefde met die eerste oog opslag. Sid was so snaaks en was baie sterk, ek hou dié eienskappe in ʼn man,” het Law gesê.

Die egpaar het al vakansies na Majorka, Spanje en New York onderneem vir Ratcliffe se 90ste verjaarsdag, maar hulle het eers ses weke gelede besluit om die knoop deur te haak.

Law het vyf kinders, nege kleinkinders en ses agterkleinkinders.

Sid Ratcliffe en Iris Law Foto: SWNS

Sid Ratcliffe en Iris Law Foto: SWNS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vraag ·

Blou pilletjie rekening wonder hoe hoog? Glo nie eers dit sal help nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.