Bekende donkies laat jou kopkrap

Argieffoto (Foto: Melanie van de Sande/Pixabay)

ʼn Raaisel wat aanvanklik in 1858 deur Sam Loyd ontwerp is, laat sosialemediagebruikers weer kopkrap.

Die legkaartstukkies is aanvanklik op ʼn kaartjie gedruk wat PT Barnum se sirkus moes bemark. Die legkaart het in daardie stadium bekend gestaan as “PT Barnum’s Trick Mules”. Miljoene van dié kaartjies is verkoop en Sam het na verwagting in 1871 ongeveer $10 000 vir sy legkaart verdien.

Sam het twee donkies en twee ruiters op ʼn kaartjie geteken en dit in drie dele verdeel. Die speler moet die kaarte weer op só manier rangskik sodat elke donkie ʼn ruiter het.

Sam het in 1871 weer die legkaart gedruk, en dié keer het dit as “Puzzle of the Trick Mules” bekend gestaan. Toe Loyd dit later weer aan ander maatskappye bemark het, is dit weer hernoem en staan vandag nog bekend as die “Famous Trick Donkeys” – meer as 100 miljoen afskrifte is al verkoop.

Knip die prentjie uit en kyk gerus of jy dit eers self kan oplos voor jy na die wenk of video onderaan hierdie berig kyk.

Reëls: Knip die drie blokke uit en rangskik die drie legkaartstukke sodat elke ruiter op sy eie donkie ry. Jy mag nie die papier vou nie. Die donkies mag nie bo-oor mekaar wees nie. Elke ruiter moet regop op sy donkie sit.

 

Wenk: Die kop en stert van elkeen van die twee donkies is uiteindelik nie soos wat hulle geteken is nie. Probeer om die kop van een donkie by die stert van die ander donkie te pas.

En as jy nog steeds nie regkom nie, dié persoon krap saam kop totdat hy die oplossing kry:

THE FAMOUS DONKEY TRICK (VERY DIFFICULT, BUT LOOKS EASY)

It's SO MUCH HARDER THAN IT LOOKS!! ????

Posted by Rick Lax on Saturday, March 28, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie ·

Snaaks genoeg – as jy eers weet hoe dit werk, kan jy nie verstaan hoekom jy dit nie dadelik raakgesien het nie! Ek het nou nog my legkaart van die donkies wat ek op laerskool gekry het.

Oujongvrou ·

Ek gaan nou dadelik vir my die donkies druk en die kinders uitvang. Dankie maroela

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.