Beroemde standbeeld met sneeu herskep

(Foto: BBC)

ʼn Ewebeeld van die antieke Griekse Venus de Milo-standbeeld, wat uit sneeu gemaak is, is Sondag in Endcliffe Park in Sheffield aangetref.

Ondanks heelwat bespiegeling oor die kunstenaar se identiteit, het niemand nog na vore gekom en eienaarskap van die kunswerk bevestig nie.

Weens stygende temperature in die omgewing word daar verwag dat die jongste toevoeging tot die stad se kunstoneel nie so lank soos die oorspronklike standbeeld sal hou nie.

Die bekende beeldhouwerk van ʼn Griekse godin waarop die nuwe weergawe in Sheffield gegrond is, is vermoedelik 150 jaar voor Christus geskep.

Die marmerstandbeeld word sedert 1820 by die Louvre in Parys uitgestal.

Sheffield se moderne weergawe behou ook die skade aan die standbeeld se arms wat aan die oorspronklike weergawe aangerig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.