Besit jou eie ‘Back to the Future’-tekkies

Die Nike Mag-tekkies wat jy deur middel van die lotery kan aanskaf

Die Nike Mag-tekkies wat jy deur middel van die lotery kan aanskaf

Nike het ʼn klein hoeveelheid tekkies wat deur die fliek Back to the Future, geïnspireer is, vrygestel, maar jy sal slegs deur middel van ʼn lotery een van dié paar tekkies kan bekom.

Die skoenvervaardigingsreus het gesê 89 pare van die Nike Mag-tekkies, soortgelyk aan die paar wat Michael J Fox as die karakter, Marty McFly in die ikoniese trilogie uit die 1980’s gedra het, word vrygestel (sien die toneel uit die fliek onderaan die berig).

Belangstellendes kan ʼn loterykaartjie van $10 (ongeveer R137) op die Nike se webwerf of deur die Nike+-app aanskaf.

Die maatskappy het gesê die skoene reageer op die persoon se voet in die skoen en maak outomaties vas of los (sien die amptelike Nike-video onderaan die berig).

Alle geld wat deur die lotery ingesamel word, word aan die Michael J Fox-stigting geskenk om navorsing vir Parkinson se siekte, waaraan die akteur ly, te finansier.

Daar is geen beperking op die hoeveelheid kaartjies wat jy kan aanskaf nie. Die kaartjies is van 4 Oktober 2016 tot 11 Oktober 2016 beskikbaar en wenners word op 17 Oktober 2016 in kennis gestel.

ʼn Paar van die Nike Mag-tekkies sal ook regstreeks op drie plekke op ʼn veiling verkoop word: 11 Oktober 2016 in Hongkong; 14 en 17 Oktober in Londen; en 12 November in New York tydens die Michael J Fox-stigting se fondsinsamelingsgala.

https://youtu.be/9lJu1gLvctQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.