Beste oplossing vir stout kinders?

Een van die seuntjies wat al onder die 'Benjamin Button Special' deurgeloop het Foto: a1__kutz, Instagram

Een van die seuntjies wat al onder die ‘Benjamin Button Special’ deurgeloop het Foto: a1__kutz, Instagram

ʼn Haarkapper van Georgia in Amerika het dalk met die beste straf vir stout kinders vorendag gekom: die ‘Benjamin Button Special’.

Russell Frederick sny die stout seuntjie se hare in die vorm van ʼn man se bles, berig die Mirror-koerant. Ondersteuners van dié straf het gesê dit sal stout kinders leer om reg op te tree nadat hulle soos “grootmense” wou optree.

Dis natuurlik net ʼn tydelike haarstyl en Frederick bied die diens gratis aan ouers.

Die haarstyl word die ‘Benjamin Button’ genoem na aanleiding van die fliek met dieselfde naam waar die hoofkarakter (vertolk deur Brad Pitt) soos ʼn ou man lyk toe hy ʼn klein kind was en dan al hoe jonger begin lyk hoe ouer hy word. Kyk die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannelie ·

Hierdie gaan mos nou as sielkundige boellie gesien word!

Pierre Celliers ·

Kan nie insien dat dit enige effek op die kind se gedrag kan he nie.

ladybug ·

Sorry, maar die roede het ek nog nooit gespaar nie.

My pa het altyd gesê, ‘n pakslae op sy tyd is beter as ‘n goeie bord kos!

Dis buitendien al taal wat kindertjies verstaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.