‘Betaalstrokie’ wys werkers is met bier betaal

Die “bierbetaalstrokie” Foto: Britse Museum, Londen.

Die “bierbetaalstrokie” Foto: Britse Museum, Londen.

Werkers van die Mesopotamiese stad Uruk is glo met bier betaal, blyk uit ʼn 5 000 jaar oue kleitablet wat wetenskaplikes onlangs gevind het.

Wetenskaplikes meen dié kleitablet is ʼn bewys dat die konsep van werker en werknemer reeds etlike eeue bestaan. Die tablet is nou in besit van die Britse Museum in Londen.

Navorsers meen hierdie tablet is dalk die wêreld se oudste “betaalstrokie” omdat dit ook besonderhede bevat van hoeveel elke werker verdien het.

Die beskikbare literatuur meld ongelukkig nie hoeveel bier die werkers per dag ontvang het nie. In die ou Egipte het werkers tussen drie en vier liter bier per dag ontvang.

Ian Hodder, ʼn antropoloog aan die Stanford Universiteit in Kalifornië, sê hy is egter van mening dat die “werkers” nie hul daaglikse pligte as werk beskou het nie.

“Almal was betrokke by kleinskaalse boerdery of jag,” het Hodder verduidelik. “Dit is onwaarskynlik dat die werkers hul daaglikse taak as ‘werk’ gesien het. Ek dink hulle het dit bloot beskou as deel van hul daaglikse aktiwiteite.”

In Mesopotamië is die bier nie net as lekkerder as water beskou nie, maar ook veiliger.

Bron: Yahoo Finance

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre ·

So dan is die dopstelsel al 5000 jaar oud en nie iets wat die afgelope 350 jaar in Suid-Afrika ontstaan het nie.

Rowan ·

My magtag en hier dink ek al die tyd Jan van Riebeeck het die dopstelselsel ingestel.

John ·

Mens wonder net hoe alle waardevolle geskiedkundige items altyd in ‘n museum in Londen opeindig.

Johann Marx ·

Staan daar ook of die werkers gestaak het as hulle NIE bier gekry het nie? Was daar RA en BBBEE? Moes die werkgewer ook jare later miljarde scheckels uitbetaal aan werkers vir sogenaamde “alkohol verslawing terapie”? Was die brouery bestuurder wat die kontrak gekry het ook die mesopotaamse koning se kleinseun, of die burgemeester van Uruk se neef?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.