Biblioteekboek halfeeu later ingehandig

Die Herrick distriksbiblioteek het die brief op sosiale media gedeel. Foto: Facebook

Die Herrick distriksbiblioteek het die brief op sosiale media gedeel. Foto: Facebook

ʼn Amerikaanse student wat ʼn boek by ʼn biblioteek uitgeneem het, het die boek byna 50 jaar later met ʼn boetebetaling terugbesorg.

Die Herrick distriksbiblioteek in Holland, Michigan, het ʼn brief van die voormalige student op sosiale media gedeel wat hy saam met die boek, wat handel oor die Tweede Wêreldoorlog, aan hulle gestuur het. In die brief verduidelik die man hy het die boek in 1967 uitgeneem terwyl hy ʼn student by die Hope-kollege was.

“Êrens langs die pad het die boek tussen my persoonlike besittings beland wat ek in ʼn koffer terug gestuur het New York toe. Ek het intussen die koffer verskeie kere geskuif, maar tot onlangs nooit oopgemaak nie. Toe ek dit oopmaak, het ek jul boek gevind,” het die man geskryf.

Hy het ʼn $100 (sowat R1600) donasie by die brief ingesluit vir die “enorme boete”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DPJ ·

Selfsugtig hoeveel ander studente kon ook nie gebruik het in die afgelope 50jaar nie. Ek kan nie foute goed praat nie.

DPJ ·

Ek kan nie foute goed praat nie. Vir 50 jaar het hy die boek gehou. Hovveel ander studente is die gebruik van die boek ontsê.
As dit iemand anders was is hy van diefstal aangekla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.