Blink planne vir kolwyntjiepanne

Kolwyntjies is heerlik, maar die panne kan ook op allerhande alternatiewe maniere in en om die huis ingespan word!

Porsiebeheer

Elke houertjie in die pan kan ingespan word vir verskillende snoepgoed – dis ideaal vir jongspan!

Gladdejantjie-bestanddele

Jy kan jou gladdejantjie (“smoothie”)-bestanddele vooraf meng en dan bloot in ʼn kolwyntjiepan vries. Só kan jy enige tyd een uithaal wanneer jy dit benodig.

Gevulde soetrissies

Gevulde soetrissies kan maklik in ʼn kolwyntjiepan in die oond gebak word – dit sal verseker dat hulle nie omval nie!

Speserye en kruie

ʼn Kolwyntjiepan kan doeltreffend ingespan word tydens ʼn braai of partytjie – gebruik gerus die houertjies vir verskillende speserye, smaakmiddels en kruie.

Suurlemoen-blokkies

Vries suurlemoenskyfies in die kolwyntjiepan om seker te maak jy kan yskoue water bedien op ʼn warm somersdag!

Moere en skroewe

Hou jou spykers en skroewe netjies in kolwyntjiepanne onder jou werksbank.

Plantrooster

Gebruik jou kolwyntjiepan as ʼn netjiese rooster wanneer jy saadjies eweredig wil plant in jou tuin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Moun'iek ·

Baie oulike idees … Gaan defnitief van dit gebruik maak!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.