Boaty McBoatface verwerp; nuwe naam vir Sydney-veerboot

Grafika: Departement van vervoer, New South Wales via AP

Een van die veerbote in Sydney-hawe sal “Ferry McFerryface” gedoop word – die tweede gewildste keuse ná ʼn grappige “Boaty McBoatface” as die gewildste naam aangewys is.

Beamptes het die gunsteling, wat verlede jaar deur Britse beamptes verwerp is, van die hand gewys, het Andrew Constance, New South Wales minister van vervoer en infrastruktuur, gesê.

Die Britse navorsingskip (ter waarde van $290 miljoen) is uiteindelik “Sir David Attenborough” genoem ter ere van die natuurkundige en uitsaaier, alhoewel een van die duikbote, wat met ʼn afstandbeheer bestuur word, wel “Boaty McBoatface” gedoop is.

“Aangesien ‘Boaty’ reeds die naam van ʼn ander vaartuig is, het ons besluit om die volgende naam op Sydney-inwoners se lys van gunstelinge te kies,” het Constance verduidelik. “Ferry McFerryface sal die hawe se nuutste ikoon wees en ek hoop dit bring ʼn glimlag vir elke besoeker en inwoner.”

Ferry McFerryface se naam sluit aan by Trainy McTrainface, ʼn Sweedse sneltrein en Horsey McHorseface, ʼn renperd in Sydney, ná die neiging wêreldwyd posgevat het uit ʼn voorstel van ʼn voormalige BBC-radio-omroeper.

Sydney-inwoners is die afgelope jaar aangemoedig om deur die webwerf “Name Your Ferry” name voor te stel vir die ses nuwe veerbote. Meer as 15 000 persone het deelgeneem.

Die res van die vloot is vernoem na die bekende Aborigines Bungaree en Pemulwuy, en die Australiese dokters Victor Chan, Catherine Hamlin en Fred Hollows.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.