Brandbestryders red varkies, braai hulle vir ete

Argieffoto

Brandweermanne van Wiltshire in die suide van Engeland het hulle baie kritiek op die hals gehaal nadat hulle vroeër vanjaar ʼn werpsel varkies en twee sôe uit ʼn brandende skuur gered het, net om later dié diere oor die kole te braai.

Volgens die BBC het dié verwoestende brand vroeër vanjaar sowat 60 ton voer verwoes. Die brandbestryders het egter daarin geslaag om 18 varkies én twee sôe te red voor hulle ook in die vlamme sou doodbrand.

Rachel Rivers, die plaasbestuurder, het maande later varkworsies aan die brandweermanne gestuur, waarna die Wiltshire Fire and Rescue Service, die organisasie waarvoor die brandweermanne werk, ʼn foto op Facebook geplaas het waar hulle dié varkworsies braai.

Die brandweermanne het oorspronklik op Facebook gesê die worsies is “fantasties” en word “hoogs aanbeveel”, maar het intussen ʼn amptelike verskoning uitgereik.

Ondersteuners van onder meer die diereregte-organisasie Peta het gesê die varkies kon net sowel in die vuur doodgebrand het. Die brandweer-organisasie is deur talle op sosiale media gekritiseer.

Rivers het die “geskenk” aan die brandweermanne verdedig en na Peta teruggekap. “Ek het topgehaltelewe aan daardie diere gegee totdat hulle na die slaghuis is om in die voedselketting te beland,” het sy gesê.

“Jy voel natuurlik hartseer daaroor, maar om hulle te laat slag vir die brandweermanne was ʼn goeie manier om dankie te sê.”

Canon Gerald Osbourne, die eienaar van die plaas, het gesê ʼn onvermydelike deel van boerdery is die dood van ʼn dier wat uiteindelik voedsel verskaf.

“Met betrekking tot die onlangse plasing op hierdie bladsy: Ons besef dat die plasing aanstoot gee vir sommige mense. Ons vra om verskoning daarvoor en het die plasing verwyder,” het die Wiltshire Fire and Rescue Service op Facebook gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Andre van der bank. ·

Dit is nou wraggies een van daardie stories wat ek nie weet watter kant toe nie. Moet ek se, sies vir hulle, of dalk “meat is meat, and a man must eat” Veral omdat ek gisteraand juis n baby back rib op die kole gegooi het.

Eish ·

Yummy? Nie nadat jy met die vleisinpekteur oor die kenmerke van varkvleis gepraat het nie.

Carien ·

Hulle daai dag seker te hard gewerk om die vuur te blus, nie nog tyd gehad vir slag en eet nie ?
Of jy nou die vleis self slag of gaan koop, wat is die verskil.

Theresa B ·

Ek dink dis vieslik. Ek sal dit nie nog uitbasuim in die media nie.

Arsène Lupin ·

My 5c – die diere sou ‘n verskriklike dood gehad het, as hulle in die vuur doodgebrand het. Tenminste het hulle op ‘n “humaine” manier gegaan.

Fred ·

Eish!! Het hul nou sowaar gedink die boer hou die varke aan as troeteldiere.

Elize ·

Ek stem saam met Teresa B.

En hoe weet enige iemand hoe hulle uiteindelik doodgemaak is, dalk nog met ‘n hamer doodgeslaan.

Danie ·

Maak nie saak wat ons doen nie daar sal altyd iemand wees wat daar oor sal kla
Doen die wat kla alles volgens die groot BOEK of gaan hul oor hom ook kla

Eish ·

Ook maar mens, maar ons probeer. Aangesien jy aan aandring op n antwoord oor die groot Boek, sal jy in Levitikus 11:7 merk dat die vark as n onheilige dier verklaar is en die eet daarvan word verbied. Ek eet dus nie vark nie. Daar is n goeie rede daarvoor. Ons hemelse Vader het in Sy alwysheid ook aasdiere gemaak. Jy sal die volgende merk oor varke:
* Die vervaldatum van gevriesde vark is ligjare korter as die van skaap of beesvleis. Gewonder hoekom?
* Varkvleis kan nie gegradeer word soos skaap en beesvleis nie as gevolg van die hordes bakerieë wat daarin teenwoordig is. Dis om te help om die vrot afval te verwerk wat hul eet.
* n Vark begin altyd byvoorbeeld n pampoen eet aan die vrot kol en dan verder.
* So kan ek aangaan, maar praat bietjie met n vleisinpekteur, dat hy jou die verhaal in tegniese detail kan vertel. Toe Yeshua die klomp bose geeste uitgedryf het uit die bestene van Gadara, Lukas 8:26-39, het die bose geeste Hom versoek om n trop varke binne te vaar. Gewonder hoekom varke?
Ja, ek eet ook nie prons nie want dit is n amfibiese kokkerot. Praat maar met die bioloë oor die verwantskap. Die Groot Boek is die handleiding van die mens.

Johannes ·

@Eish, uit jou kommentaar is dit duidelik dat een van die Israel Visie sekte se verdwaaldes is.

Her Christus nie alle kos rein verklaar nie toe Hy gesê het “dit is nie wat by die mens se mond ingaan wat hom onrein maak nie”?

Skerp Spioen ·

Dit is nou wraggies ‘n kraakvars, vingerlek lekker storie. Oink, oink.

Louise ·

Whatever.
Natuurlik moet hulle geslag word, hulle gaan beslis nie selfmoord pleeg om n tjoppie te word nie.
Wat dink julle eet julle, diere wat vrek en dan geslag word of diere wat doodgemaak word om geslag te word.
Solank dit ordenklik gedoen word wat maak dit saak.

se maar net ·

Nou waar dink julle kom vark vleis vandaan van skape af hehe hoe lekke lag ek nou

phillip ·

Ok regtig nou het ek alles al gehoor. hoe kon hulle die varkies braai, nee asb dis swak, mense Babe huil nou sy oe uit oor die dood van sy geredde maats. gaan koop eerder vark worsies in die winkel in Wiltshire. ek neem aan julle besef vark worsies word van nagemaakte vark gemaak, niemand slag regtig varke en beeste en hoeders vir kentucky en nandos en hamburgers en die wimpie breakfast vark worsies nie, brand weer manne het my vrugte koeke gered uit n vuur in my huis en toe gaan koop ekm n vrugte koek by die tuisnywerheid wat my vrugte koeke verkoop sodat niemand sal aanstoot neem as ek die geredde vrugte koeke vir hulle gee om te eet nie. nee man.

dewald ·

hoekom word daar nooit berig oor vegetariers wat noodeloos wortels en uie en spinasie wreedaardig opkap met messe en in potte gooi om te kook in vuurwarm water nie? …….seker omdat dit gegroei word om te eet. net soos die varkies.

Varkie ·

Mense is eintlik so pateties, dit is hoekom moordenaars GEEN Simpatie met mense in SA het wat hulle martel en vermoor nie, dit is omdat hulle harteloos is teenoor diere, en LEKKER LAG vir ‘n berig soos hierdie .. JA ons weet almal beeste en varke word geslag, maar regtig .. LAG daaroor? EN hoekom red hulle die varkies van die dood en eet hulle later? Neewat mense in SA moet nie kla as hulle wreedaardiglik behandel word deur ander mense nie, want dit is wat hulle vir die DIERE in SA voel. Payback time!

Karma ·

@Varkie en alida – ag, herder tog! Die varke word dan geteel met die doel om in die voedselketting te beland. Ek is seker julle eet bees-, vark- en skaapvleis, vis, hoender, groente en vrugte, asook brood en sulke dinge. ALLES verg dat daar iets geplant, gegroei, geoes of geslag moet word sodat dit vir menslike gebruik in die voedselketting kan kom. Dit is nou regtig ‘n storm in ‘n teekoppie hierdie!

Skerp Spioen ·

Mense moet asb ophou spekskiet. Wie sê die ou varkies was sleg behandel? Enige opregte vark se strewe is om as die heel beste spek en ham op te eindig. En Eisbien. En porkbelly. En spare ribs. En presies daarvoor word hulle geteel. Oink. Oink!

Kannaland ·

Almal wat deur hierdie storie ontsteld word moet oorslaan na n totaal vegetariese dieet, anders kan jy nie redeneer nie.

PJR ·

Nie almal kry genot uit jag nie. Om diere wreed te behandel is beslis verkeerd. Daar is die element van ”sensitiewe kykers” wat aardig voel oor iets wat vir ander niks is nie. Party diere beskermers vat dit te ver, ‘n mens kry soms die indruk hulle sal iemand post mortem oneer aandoen vir gewaande gruweldade teen die diereryk. Ek het op plaas groot geword so om iets op jou bord te eet wat jy gesien leef het is niks snaaks nie. Dis normaal van die vroegste tye af. As die eienaar van die geredde varkies hulle byvoorbeeld gemartel het is dit onmenslik maar dit nie hier gebeur nie, geen wet is gebreek behalwe die dierebeskermers se sensitiwiteit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.