Briefie van ‘n ‘moderne’ barmhartige samaritaan

Die brief wat Reilly Flaherty op Instagram gelaai het

Die brief wat Reilly Flaherty op Instagram gelaai het

ʼn Man van New York het onlangs met ʼn moderne barmhartige samaritaan te doen gekry nadat hy sy beursie verloor en dié koddige brief ontvang het.

Reilly Flaherty (28) het aan WABC in New York gesê hy was op 5 Februarie by ʼn konsert in Brooklyn toe hy sy beursie verloor het. Hy het gedink alles is weg, maar hy het ʼn week later ʼn koevert met ʼn anonieme brief tesame met al sy kredietkaarte en rybewys in die pos ontvang. Hy het dié brief op Instagram gelaai:

Beste Reilly Flaherty

Ek het jou beursie opgespoor en jou adres was op jou rybewys, so hier is jou kredietkaarte en ander belangrike goed. Ek het die kontant gehou want ek wou dagga koop, die MetroCard [vir openbare vervoer] want die fooi is nou al $2.75, en die beursie want dis nogal ‘cool’.

Geniet die res van jou dag
Toodles
Anoniem

Flaherty kon die humor in die brief raaksien en aan WABC gesê dis duidelik die werk van ʼn kenner. “Ons het ʼn daggaroker hedendaagse Robin Hood daar buite!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hakie ·

Tien uit Tien. Baie komies en ten minste eerlik. As dit my beursie was het hy die geld verdien.

Johann ·

Ek stem saam Hakie, volpunte vir eerlikheid en sin vir humor! Dié eerlike “dief” maak my dag! Die eienaar weet ten minste waarvoor sy geld gebruik is! (^_-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.