Britte – nie Franse, het eerste aan paddaboutjies weggelê

Blick Mead waar been gevind is. Foto: University of BuckinghamPA

Blick Mead waar been gevind is. Foto: University of BuckinghamPA

Inwoners van Engeland het lank voor die Franse weggelê aan paddaboutjies. Trouens, ‘n hele 8 000 jaar voor die Franse vir ‘n maal paddaboutjies “asseyez-vous, s’il vous plait”.

Uitgrawings by Blick Mead, ‘n kilometer van Stonehedge, het die oorblyfsels van gaargemaakte paddabeentjies saam met die oorskiet van ander kos aan die lig gebring.

Dit blyk dat, soos een van die argeoloë op die toneel dit gestel het, die destydse bewoners se standpunt was dat as dit geroer het, is dit geëet. Die omgewing was besonder geskik om mense die heel jaar van energieke kos te voorsien om hulle aan die gang te hou – enigiets van antieke beeste drie keer so groot soos vandag se beeste, wildevark, takbokke en okkerneute.

‘n Behoorlike spyskaart in die tradisie van Heston Blumenthal, sê die spanleier,  David Jacques tong in die kies.

Die opgrawings maak deel uit van navorsing om te bepaal presies wat in die omgewing so aantreklik vir menslike bewoning was dat Stonehedge sowat 5 000 jaar later juis daar opgerig is. ‘n Verband met die Avonrivier wat in die omgewing van Stonehedge vloei is reeds bepaal, maar dit verklaar nog nie die hoekom nie. By Blick Mead, teen die rivier, is egter ‘n fontein met ‘n konstante temperatuur, en dit lyk al hoe meer of dit die wieg van Stonehedge kon wees.

Volledige berig in MRP.com kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.