Bruid boos toe skoonma op onthaal verklee

ʼn Vrou se troudag is veronderstel om een ​​van die onvergeetlikste dae van haar lewe te wees, maar ongelukkig vir dié bruid word haar groot dag vir al die verkeerde redes onthou.

“Op my troue het my skoonma haarself tydens die onthaal in ʼn wit, glinsterende rok verklee,” vertel dié ontstoke bruid op die skrywersforum Reddit.

Die vrou het gesê dat sy en haar verloofde haar aanstaande skoonma gehelp het om ʼn rok vir die troue te kies wat by die kleurskema sou pas. Hulle het boonop daarvoor betaal, berig die Britse publikasie Mirror.

Tydens die troue het die bruid se swaer egter opgemerk dat haar skoonma ʼn tweede rok by haar gehad het en die bruid gevra wat hy daaromtrent moet doen. “Moenie toelaat dat sy dit aantrek nie,” was die bruid se uitdruklike bevel aan haar swaer. Hy het toe die tweede rok in sy motor gaan wegsteek.

“My skoonma het ʼn groot bohaai daaroor opgeskop en in elk geval die tweede rok gaan aantrek,” skryf die bruid.

Verskeie gaste by die troue het kommentaar gelewer oor hoe belaglik dit is dat die skoonma ʼn ander rok aangetrek het, asof sý die bruid is.

Die skoonma het teruggekap dat sy dié rok moes aantrek aangesien dit vir haar ook ʼn uiters spesiale dag as die moeder van die bruidegom is.

Om vet op die vuur te gooi dring die skoonma nou, amper ʼn jaar ná die troue, steeds daarop aan dat haar nuwe skoondogter om verskoning vra dat sy haar skoonma probeer keer het om die tweede rok aan te trek.

Die bruid het haar plasing op Reddit afgesluit deur ander lesers te vra of hulle dink sy het verkeerd opgetree. Terwyl die meerderheid mense aan haar kant is, het ʼn paar wel aangevoer dat sy om verskoning behoort te vra.

Een leser het gesê: “Ek kan nie glo dat ʼn groot glas rooiwyn nie per ongeluk oor die rok uitgegooi is nie, want dit sou gebeur het as dit mý troue was.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Absoluut onaanvaarbaar en laat my dink aan die fliek ‘Monster in Law’. Alhoewel die fliek skreeusnaaks was, sou ek nie so iets duld nie. Dis nie ‘n modeparade nie en sy was dan saam toe haar rok gekoop is en sou instem of sê indien sy ongemaklik daarin sou voel.

Petrus

Ai, ai, ai…ek is maar bly ek is nie ‘n skoonma nie. Wat ookal gebeur, sy is maar altyd die skuldige een.

AmY

Gelukkig het sy VERKLEE, en nie ONTKLEE…

JohanCzu

Uiters kinderagtig om ‘n toekoms op die spel te plaas oor so iets.

Veronica

dis maar EEN aand in haar lewe wat sy die bruid haar sin laat kon kry het daar gaan nog baie ander goed wees wat sy oor kon tiff in die toekoms – ag nee wat vir een aand sal ek die rok dra dit gaan in elk geval daai aan oor die bruid en bruidegom ooi mense kan kleinlik en selfgesentreerd wees