Bruid brei haar eie trourok

Esther Andrews (Foto: Skermskoot uit die video)

Esther Andrews het haar eie trourok oor ʼn periode van nege maande gebrei.

Esther het besluit om elke dag, op die moltrein in New York in die VSA, aan haar rok te werk. In ʼn video wat sy op Instagram gedeel het, gee sy meer inligting oor die proses en die tyd wat sy aan die tamatie-rok spandeer het.

Sy het die dag voor die seremonie met die rok klaargemaak.

“Die inspirasie was ruimte-seerower gekruis met ʼn lap tamaties – net omdat dit laf en prettig is,” verduidelik sy.

Sy het meer as 6,4 km se sybokhaar-garing gebruik om die lae valletjies, langmoue en ander dele van die rok te maak.

“Toe ek dit aanmekaar moes las was ek bekommerd, want ek kon net vertrou dat dit sou pas – daar was geen omdraaikans nie,” sê sy. “Gelukkig het dit alles uitgewerk en kon ek die tamaties aanwerk!”

Esther het die bruidegom se uitrusting ook ʼn gemaak en hy het soos ʼn ruimtevaarder gelyk.

Talle gebruikers het Esther geloof vir die harde werk en om te sê hulle is dol oor die rok.

Die eerste skyfie van die plasing bevat die video oor die rok en verdere skyfies wys mens hoe die rok van nader lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Terwyl ek die artikel lees het ek gedink hier kom ‘n riller van ‘n rok. Maar ek moet sê dis mooier as wat ek gedink het gaan wees, veral die tamatie deel…… Dis egter nie vir my nie en ek hou maar van die klassieke trourok idee

Belinda ·

wel ten minste het sy nou meer geld in haar sak… trourokke is duur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.