Bruid geskok om te hoor wat met ring gebeur het

Argieffoto (Foto: xiaobohe011/Pixabay)

ʼn Bruid is met afgryse gevul toe sy gehoor het hul strooijonker se vrou het ure lank voor die troue haar ring gedra.

In ʼn onderhoud met Kidspot, ʼn Australiese webwerf waar persone stories deel van troues wat skeefgeloop het, het sy gesê die strooijonker se vrou het boonop skottelgoed ook gewas met haar ring.

Dit was ʼn eenvoudige onthaal – slegs 50 van hul naaste familielede en vriende. Haar sussie was die enigste strooimeisie en haar man se oudste vriend sy strooijonker. Sy het twee jaar lank haar verloofring gedra en besluit om dit te laat poets voor die troue. Met die tipe ring wat sy gehad het, was ʼn bypassende troupand nie nodig nie.

ʼn Paar dae voor die troue het sy die ring vir die strooijonker gegee wat dit sou hou totdat sy dit, op die dag as ʼn bruid, kon terugkry.

Tydens die onthaal was haar vriendinne gaande oor die ring. Die strooijonker se vrou het ook nader gestaan en gesê: “Ja, dis baie mooi, nè? Ek het dit die hele oggend lank gedra en daarmee rondgeloop. Ek het dit selfs gedra toe ek skottelgoed gewas het. Dis hoekom hy so skoon lyk.”

Die bruid het aan Kidspot gesê as ʼn prokureur is sy vertroud met die kuns van argumentering, maar sy het gekies om niks te sê nie, maar dis nie te sê dat sy nie ontstoke was oor die onthulling nie. “Hoe durf sy my ring dra asof dit haar eie is?! En dan nog boonop haar vuil skottelgoed daarmee was, terwyl sy weet ek gaan dit ʼn paar uur later by my troue dra?”

Kidspot wou by sy lesers weet wat hulle in die situasie sou doen. Altesaam 35% van persone het gesê hulle sou ook net die onthulling geïgnoreer het en die res van die dag geniet het. Sowat 29% het gesê hulle sou die vrou onmiddellik weggejaag het. Wat sou jy doen?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tienie ·

Sjoe. En dit is nie eers in Banana Country nie. Gevoellose……..

Frieda ·

Ek sal vies wees maar daar is niks aan te doen wat verby is is verby.

marius ·

Dit sou darem baie beter gewees het as die strooijonker die kosbare ring in sy gebruikte sakdoek toegevou het .

Claudette ·

Ag asseblief, so what as sy die ring gedra het nie einde vd wêreld nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.