Bruid geterg oor ‘feetjiekostuum’ vir tweelingsussie

Só sou die rok min of meer lyk (Foto: Facebook)

ʼn Bruid word geterg oor die “feetjiekostuum” wat sy wou hê haar tweelingsussie moet dra, maar wat die sussie geweier het om aan te trek.

Die bruid het haar na Facebook gewend en ʼn foto gedeel van die rok wat sy vir haar sussie gekies het. Die vrou het gesê haar sussie weier nou om die troue by te woon, maar toe van die gebruikers die rok sien, het hulle gesê hulle ondersteun haar sussie.

“Ek dink dit gaan oulik wees, maar [my sussie] is baie moeilik,” het die bruid geskryf, aldus kidspot.com.au.

Sy het ʼn foto gedeel waar haar tannie die rok dra en verduidelik dat die romp natuurlik ʼn klein bietjie hoër in die middel moet sit, maar dit is min of meer hoe dit sou lyk.

Met die helderpienk tutu-romp en ʼn wit V-nek-hemp, lyk dit byna soos ʼn ballerina-uitrusting of, soos sommige Facebook-gebruikers genoem het, soos ʼn feetjiekostuum. “Gee vir haar net ʼn tiara en ʼn towerstaf,” het een gebruiker laat weet. “ʼn Paar feetjievlerke en ʼn stringetjie pêrels sal die uitrusting mooi afrond.”

Ander gebruikers het die bruid verdedig en reken die tweelingsussie moet eerder ʼn wag voor haar mond sit.

Nog ʼn ander het geskerts: “Iewers is ʼn kind baie hartseer oor die feetjiekostuum wat haar ouma vir haar gemaak het, wat gesteel is.”

Een gebruiker het gesê alhoewel die rok nie vreeslik oulik nie, is dit darem nie só lelik dat die sussie moes weier om die troue by te woon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Niklaas ·

Dis reg van die blommemeisie sussie. ‘n Mens kan weier , jy hoef nie in te stem tot alles nie.

Daleen ·

Nee wat ek sou ook geweier het om dit te dra. Miskien was die bruid bang haar sussie lyk beter as sy op haar troudag en daarom die lelike rok. ‘n Bruid met genoeg selfvertroue gee nie om om haar strooimeisies in mooi rokke te sien nie.

Mauritz ·

Die probleem is nie ‘n rok nie. Die probleem is ‘n vrou wat haar eie wil op haar suster wil afdwing sonder om die suster se gevoelens in ag te neem.

Daleen ·

Mauritz het jy al van bridezillas gehoor. Glo my die niceste persoon kan in die lelikste mens verander as dit by haar troue kom. Dis mos HAAR dag. Gelukkig was ek dit gespaar met my dogter en my skoondogter.

Corne123 ·

Ek wonder oor die.Word daar nie gesê dit die bruit se groot dag nie? Ek se nie mens moet net doen wat ander wil he nie maar wie se dag is dit en kry dan iemand anders dan is sussie ook weer kwaad dat sy nie blommemeisie is nie???

Sarah ·

Ek sien soveel mense stem nie saam met jou nie, maar ja. Dit is die bruid se groot dag maar dan moet sy ten minste die blommemeisies in ag neem. Mens wil nie oor 20jaar na die fotos kyk en spyt wees oor die lelike rok keuse nie.

Inkpot ·

Lewer kommentaar…Dit gaan verseker die bruid se groot dag wees wat almal gaan onthou en agterna lag met die strooimeisie se belaglike rok

Sandra ·

Ek dink die bruid moet haarself afvra of sy die uitrusting sal dra na ‘n troue toe. Van al die mooiste rokke daarbuite wat sy vir haar sussie kon uitkies, maak sy ‘n gek van haar en kies die een. Die uitrusting lyk baie kinderagtig en is miskien net gepas vir jong dogtertjies, nie vir volwasse vrouens nie. Ek skaar my by die sussie.

LiveAndLetLive ·

Goeie idee om te weier, jy sou vir baie jare op daai trou fodies die bespotting van die familie gewees het.

Elsabe ·

Dit irriteer my grensloos as die bruid of haar entourage wil voorstel hoe jy moet aantrek. Die bruid kan wel haar gevolg inlig oor wat sy graag as ‘drag’ en die kleur/-e daarvan wil he. Maar wraggies, as jou sussie wil he jy moet ‘n pienk skirtjie en wit toppie daarby aantrek… Hoe lyk die skoene?

Sarah ·

Oh my aarde… Okay, die rok is nie te mooi nie, maar ek gebruik my verbeelding en sien dit so uit die bruid se oogpunt:

Dis haar tweeling sussie, iemand met wat sy nog altyd alles kon deel. Dalk sien sy haar sussie as haar “fairy godmother” en wou dit graag aan die wereld wys.

Alhoewel die sussie dit dalk beter kon hanteer, kon die bruid dalk net iets meer modern gekies het…

amapinki ·

As sy werklik haar sussie liefhet , sal sy die rok dra. Dit is haar suster se dag. Doen wat haar tevrede stel al hou jy nie van die rokkie nie. Dit gaan nie oor JOU nie, sussie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.