Bruid huil oor flop van ʼn troukoek

Foto: Annette Davis Hill/Facebook

ʼn Bruid wat ʼn troukoek bestel het met ʼn pou-tema was platgeslaan toe ʼn flop van ʼn koek by haar afgelewer is – die aand voor die troue.

Rena Davis, van Georgia in die VSA, het die pou-koek bestel ná sy foto’s, wat sy op die internet opgespoor het, vir ʼn plaaslike bakker gewys het. Sy het $300 (byna R4 500) vir die troukoek betaal.

Haar vriendin, Annette Hill, het foto’s van die koek op Facebook gedeel.

Volgens Annette wou Rena ʼn hartjievormige koek gehad het met twee poue waar die vere uit blou en groen kolwyntjies bestaan.

“Omstreeks 18:00, die aand voor die troue, het die koek opgedaag. Toe die bruid die boks oopmaak, het een van die voëls se koppe dadelik afgeval.”

Die versiering is glo ook ʼn flop en hier en daar steek die koek uit.

“Die een ‘pou’ lyk soos ʼn kalkoen wat dalk melaats is, en die ‘wit’ voël, wat glad nie wit is nie, het nie eers ʼn stert nie en lyk ook hoegenaamd nie soos ʼn voël nie. Dis net ʼn bruin gemors. Die bruid was byna in trane.”

Rena het die oggend voor haar troue van winkel na winkel gery om ʼn geskikte troukoek te koop.

Volgens Annette het die bakker, ná haar plasing op Facebook wyd gedeel is en verskeie nuuswebwerwe oor die flop berig het, ʼn terugbetaling vir Rena aangebied. “Sy het die $300 in haar posbus gelos sonder enige verskoning. Dis ten minste iets.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Veer ·

Arme vrou, ek sou ook gehuil het.
Ek verstaan net nie hoe kan die bakster haar prys regverdig nie. Dis aaklig, ek sou nie daarvoor betaal het nie!

Leon ·

Sy moes met die Cake Angels van Kaapstad gepraat het. DAN het sy die perfekte koek gehad. En die sou goedkoper gewees het saam met die verskeping want die Rand Dollar ruil koers sou dit cheap gemaak get.

belinda ·

ja nee mense wil nie leer om nie goed deur die net te bestel nie, daar is al so baie daaroor
berig, maar nee as jy nie wil hoor nie moet jy maar voel.

Jiem ·

Ai belinda en MH, lees weer die berig. Haar plaaslike bakker het die gedrog van n koek probeer maak, sy het nie die foto’s van die net afgehaal.

Riana ·

Jy kry waarvoor jy betaal. Omgeskakel na rand is dit ongenadiglik duur maar in dollar is dit bitter min vir n koek wat soos die voorbeeld lyk. Mense kies die goedkoopste kwotasie en eindig met n gemors.
Gaan kyk maar na n persoon se besigheidsblad en vra vir verwysings voor jy jou koek bestel.
Om spesialiteitskoeke te bak en versier is ure se werk en bestanddele is duur so as n kwotasie te goed klink om waar te wees is dit waarskynlik gevaarlik.
Jy betaal nie net vir bestanddele nie maar vir die persoon se kennis en vaardigheid.

Marli ·

Belinda, sy het fotos afgelaai van die internet af nie die koek van die net af bestel nie. sy het na plaaslike bakster gegaan met die fotos! het u die berig gelees.

Pierre ·

Soos hulle se… “Theres always someone that’s cheaper…”

Aster ·

O nee genade! Selfs ek kan ‘n beter koek bak as die sogenaamde “bakster”.

Lizelle ·

Julle…..ek weet dis nou ‘n ernstige storie…ek sou ook gehuil het…maar ek kon darem nie help om te giggel toe ek die koek sien nie. Ek is darem bly sy het haar geld terug gekry.

Maria ·

Ek lag saam ag….darem so erg nie sal die gasse se koppe krap en bewonder oor die koek nou lag ek alweer.

Wilma Theron ·

Ek sou ook huil. Die koek is een helse flop. Voël sit die koek heel skeef.

Lizl ·

Ag nee wat, as dit is hoe `n professionele koek lyk, is my dogters A for Away… Ek sal hulle troukoeke bak en caramel kondensmelk opsmeer met `n paar cherry`s in `n hartjie shape, en viola! ( Ek hoop nie hulle lees MM nie… hiehiehie)

Ooo Koek ·

Whahahaahah ek lag nou so ek kan skaars sien om te skryf. Ek dink dit is vreeeslik snaaks. Ek sien die vrou se gesig toe sy die box oopmaak en haar reaksie. :)

Amelia ·

Ané Gerber. Dit laat my aan jou troukoek dink. Dai lelike groen plat Rosie’s wat in sjokolade vormpies gemaak is. Lol

Kobus ·

Vergewe my asb, maar ek het nou gelag dat die trane loop, toe ek daardie koek sien!….. Ekself sou ook my vrolike geaardheid opslag verloor as so koek by my afgelewer word….kan verstaan dat die bakker/bakster die geld stilletjies gaan teruggee het…ek sal ook nie my gevreet wys as ek so gebak en (ver)brou het nie!….hoop die bruid het darem heeltemal herstel na die skok!….hehehehe!!

Doefie ·

Ek het dieselfde ondervinding gehad met my troukoek maar deur iemand plaaslik. ‘n Hele 34 jaar gelede ! as ek daaraan dink dan lag ek maar glo my ek het daardie dag gehuil.

Niklaas ·

Ons troukoek 10 jaar gelede was ook ‘n effense ramp. Die wit omhulsel (icing) was blykbaar baie verdik deur die koekbakster , om duike en insakking te verbloem , en toe was dit ook kliphard. Sodanig so dat ons mes vir die koeksnyery , se lem breek. Daar was toe ‘n taamlike gesukkel om van die vrugtekoek gedeelte te eet.Gelukkig vir ons sin vir humor , want ons het maar lekker gelag daaroor en giggel selfs vandag nog oor dit. Maar daar is vele mense wat erg te kere sal gaan oor so ‘n ongelukkie.

Harry ·

Eks nou so die KOEK in want ek laaaaik koek verskriklik dan kom ander en dan peuter hulle aan jou dierbare sagte koek dis om van morbied te raak vraag is kry mens nog eetbare KOEK?

Suzette Geringer ·

Genugtig!!! Ek wonder of die “bakster” nie dalk ‘n pottebakker is nie met spesialiteit in die abstrakte :)

SoosDitIs ·

Fooitog, die arme bakker het ten minste probeer… Wonder of dit darem na iets gesmaak het……

Nellie ·

Ek bak self koeke en het so twee weke terug my eie troukoek gebak, omdat die mense so belaglik duur is. Wat my laat wonder is hoe op dees aarde kan die vrou wat die koek bebak het so ‘n ding gaan aflewer. Oor my dooie liggaam sal ek so iets aflewer.

Summie ·

O koekemakranke- dis ‘n kranke koek daai – wha ha ha ha !!!!!

Vonkprop ·

As ek so na die koek kyk, moes sy eerder die tema verander het na “Kokketiele en Mossels”. Die koek sou dan perfek gewerk het.

WMirabilis. ·

Lekker gelag. Daai voël lyk kompleet soos ‘n aasvoël met erge diaree – die sjokolade blapse :))).

Anoniem ·

Ek sou die koek hou….en my entertainment vir die aand kanseleer…..koek sou gratis almal vermaak het….

Woepskadoeps ·

Albei koeke is ewe lelik! Om darem ‘n pou koek vir jou troue te wil he – beter dat die koek geflop het!

Annelize ·

EPIC FAIL!!!

My oudste se doopkoek was so ‘n klaaglike mislukking. Ek het my byna doodgehuil. ‘n Driejarige sou ‘n beter “job” kon gedoen het. ‘n Ander bakster het toe op nommer 99 letterlik ‘n haas uit ‘n hoed geruk. Ek sou my oe uit my kop uit geskaam het as ek die klaaglike mislukkig vir ons gaste moes voorsit.

WESKUS NOOI ·

Ten minste het die bruid ‘n troukoek gehad.

Die man wat ons troukoek sou doen, was die aand voor die troue in ‘n motorongeluk en toe moes my man se tannie inspring en ‘n ander plan maak.

‘n Toring van Ferreira Rocher sjokolade was die vinnigste en mees effektiefste plan.

Helen ·

Ek het die foto al gesien van die “regte oorspronklike” koek op facebook. En dis regtig baie mooi. Ek wonder of iemand ooit haar flopkoek geproe het?

Ferdie ·

Pragtige pou – met n ernstige mediese toestand wat enigiets kan wees van omgekrapte maag tot skeefgeloopte transformeringsproses na n hoenner wat baie tyd in die gym spandeer…

Rissiepit ·

Ek het oor my troukoek ook gehuil. Toe ons dit wil gaan haal en betaal…oeps…ons het jou koek so effens vergeet…jou troue is oor 2 ure…en moet ´n brandewyn vrugtekoek wees wat paar weke gelede al gebak moes wees…oeps ons het nie meer tyd nie. Huil sal die bruid huil

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.