Bruid se enorme pastaslaai wek kommer

Die foto wat op Facebook gedeel is

ʼn Bruid het internetgebruikers laat neus optrek met ʼn foto van haar doen-dit-self-spyseniering.

Die vrou het ʼn foto van ʼn 13 kg-pastaslaai, in ʼn opblaasswembad, op Facebook gedeel en was baie trots op haar skepping. “Troukos-voorbereiding dag 3. Dertig pond pastaslaai. Jip, dis ʼn opblaasswembad,” het sy by die foto geskryf.

Dit lyk nie of die slaai op enige manier verkoel sou kon word nie en dit het sosialemediagebruikers bekommerd gelaat.

“Dag drie … so die troue is waarskynlik eers oor ʼn paar dae. Hulle gaan letterlik hul gaste doodmaak met ʼn pastaslaai wat nie in ʼn yskas gehou is nie. Bacillus cereus is nie ʼn grappie nie!” het een persoon in die kommentaarblokkie geskryf.

“Hoe lank gaan dit in daardie swembadjie bly? Pasta kan mens doodmaak as bakterie daarop gegroei het! Moet nooit ou pasta eet nie!” waarsku nog iemand.

Bacillus cereus is ʼn tipe bakterie wat diarree of braking kan veroorsaak. Alhoewel die simptome gewoonlik gering is en tot 48 uur lank kan voortduur, is daar gevalle waar sterftes aangemeld is.

“As ek na dié troue uitgenooi is en ek het hierdie plasing gesien, sou ek onmiddellik my RSVP na ‘nee’ verander het,” skryf nog ʼn persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Casper ·

Belaglik verby.Dit kan mos nie gesond wees nie en dit lyk ook nie eers lekker nie.Dankie vir die uitnodiging maar ek sal maar liewer vars vleis by my huis braai.

Snowball ·

Lyk na ‘n lekker ‘redneck’ troue, met banjo musiek en ‘n paar ‘dungarees’ sonder hempies by die bruidstafel. Gratis gietergat gewaarborg vir die gaste ná ‘n bordjie opblaas pasta…

Delia ·

Tot watter uiterstes mense nie nog sal gaan om aandag te trek

Renier ·

Dis n troue,genoeg drank sal die kieme doodmaak…..hopelik. gewoonlik die hoeder wat ek by troues vermy…

Koos 100 ·

Almal aanvaar net dat dit nie in ‘n yskas gaan kom nie. Sy kan dit mos in emmers inskep en dan in ‘n inloop yskas indra?

Nicolene ·

Solank die swembadjie op ‘n laag ys geplaas word, sal die slaai veilig wees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.