Bruid se reëls vir metgeselle laat die wenkbroue lig

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

ʼn Troue is gewoonlik ʼn viering van ʼn paartjie wat aan mekaar trou wil beloof en by meeste seremonies word uitgenooide gaste aangemoedig om hul eie metgesel saam te bring.

Een bruid se plasing op Reddit, wat haar gaste verbied om enigiemand saam te bring tensy hulle aan streng voorwaardes voldoen, het skerp kritiek uitgelok.

Die vrou verduidelik dat “slegs mense wie se name op die uitnodiging verskyn” toegelaat word om haar en haar verloofde se troue by te woon. Sy sê gaste se metgeselle sal ook op die uitnodigingskaartjie verskyn indien dit iemand is wat reeds die bruid en bruidegom ken; iemand is met wie hulle dalk aandete sou gaan eet; of dat hulle uitgenooi sou word ongeag die verhouding.

Die bruid hou vol dié reëls geld selfs vir paartjies wat reeds verloof of getroud is en hulle sal hul verloofdes of eggenote by die huis moet los indien die persoon se naam nie op die uitnodiging verskyn nie.

“Ek trou binnekort en soos enige ander bruid, het ek sekere reëls om seker te maak dat die troue glad verloop,” het die vrou in die plasing gesê. “Een daarvaan is die ‘geen plus een’-reël. Slegs mense wat op die uitnodiging genoem word, word uitgenooi.”

Haar kriteria vir die mense wat hul maats mag saambring, is:

  • Die vrou en haar verloofde ken die metgesel en het hulle al ontmoet. “As ek jou metgesel ken, maar nie my verloofde nie, dan diskwalifiseer dit hulle en vice versa.”
  • As die vrou en haar verloofde aandete sou gaan eet saam met die paartjie.
  • As die metgesel in elk geval as ʼn afsonderlike persoon uitgenooi word, en nie net omdat hulle iemand se maat is nie.
  • As die metgesel ook vriende is met die vrou en haar verloofde.

“Diegene wat aan dié kriteria voldoen, mag metgeselle saambring. As hulle nie daaraan voldoen nie, moet hulle nie saambring nie. Eenvoudig.”

Sy gaan voort en verduidelik dit sluit ook langtermynverhoudings, paartjies wat verloof is, en getroude paartjies in.

“Ek weet dit klink streng, maar dit is die reëls waarop ons besluit het sodat ons gemaklik kan voel. Dit het niks met die begroting of die kapasiteit van die lokaal te doen nie. Dit is bloot ons keuse.”

Die bruid verduidelik nadat sy dié reëls uitgestuur het, het “verskeie mense” op haar gastelys die uitnodiging van die hand gewys, insluitend haar nefie, wat nie sy verloofde mag saambring nie, selfs al is hulle al ʼn jaar lank verloof.

Sy sê sy is “baie hartseer” dat haar nefie nie die troue gaan bywoon nie, maar sy is nie bereid om ʼn toegewing te maak nie, omdat sy verloofde glo “nie iemand is met wie sy persoonlik vriende sou wees nie”.

Haar nefie het gesê hy het nie ʼn probleem om ʼn geleentheid sonder sy verloofde by te woon nie, maar wil nie ʼn troue bywoon van iemand wat “geen respek het” vir sy verhouding nie.

Die bruid hou egter vol en sê: “Dit is die reëls. Hy kan dit vat of dit los.”

Gebruikers op die Reddit-plasing was verstom oor die bruid se streng reëls. Talle meen sy het die volle reg om besluite te neem oor haar troue, maar voeg vinnig by dat sy en haar verloofde mense se besluite moet respekteer as hulle nie die troue wil bywoon nie. “Dit is jou troue en jy mag die reëls maak, maar reëls beteken dat sommige mense dalk nie die troue wil bywoon nie. Jou troue beteken baie vir jou, maar dit beteken nie dit beteken baie vir ander nie. Jou nefie wil bloot nie die troue bywoon nie, as gevolg van jou reëls.”

ʼn Ander sê: “Jy is geregtig op reëls, maar dit kom ook met die verwagting en begrip dat mense toegelaat word om nie die troue by te woon nie weens die streng reëls. Jy het vir jou nefie gesê ‘hy moet dit vat of los’. Nou kan jy nie kla as hy dit gelos het nie.”

Wat dink jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Paartie maar lekker alleen, hoor!

Louise

Ja wel daar is nou maar net ongelukkig mense in n familie of vriende kring wat dit onaangenaam maak vir almal. Ek sou ook so voel as ek die bruid was, daar is genoeg om oor te worry as oor mense wat hulle nie wil of kan gedra nie. Se nie dis die geval hier nie…

Misky

Sy klink nie na die tipe persoon met wie ek sou vriende wees nie, so ek sou met graagte die uitnoding van die hand wys.

Chris dupreez

Wonder of die aanstaande bruidegom hiermee saamstem. Ek dink sy gaan n baie eensame troue hê en geen vriende kring meer nie.

AmY

Dis háár troue. Sy kan doen wat sy wil en nooi wie sy wil.
Ek het al gelees hoe mense metgeselle saamneem wat hulle op die einde van die dag nie kan gedra nie.
Die bruid wil seker maak alles verloop vlot en sonder voorval.
En hoe minder mense by die troue, hoe beter. Troues is baie duur.