Bruid spog met 34 strooimeisies

Casme en Gary Carter (Foto: Homeland Photography via Casme Carter)

Casme se oorspronklike trourok is gesteel en haar verloofring het tydens die hennepartytjie in die see geval, maar met 34 strooimeisies aan haar sy, kon haar troue beslis nie skeefloop nie.

Casme en Gary Carter het hul troue, die oggend om 05:00 op ʼn strand in Destin, Florida in die VSA, binne drie maande gereël. Casme is ʼn sangeres en ʼn vermaaklikheidskunstenaar en sy het al in verskeie stede en state in die VSA gewoon. Sy het tydens haar loopbaan sterk vriendskapsbande gebou met ʼn paar vriendinne en sy het boonop ses biologiese sussies.

“Ek het so baie vroue wat soveel vir my beteken,” het sy aan die Inside Edition gesê. “Ek wou hulle graag deel maak van my lewe.”

Volgens Casme sou sy waarskynlik 50 vroue kon kies om op die groot dag langs haar te staan, as sy meer tyd gehad het om die troue te reël.

Daar was gelukkig nie 34 strooimeisierokke nie – sy het vir elkeen van die meisies net gesê hulle moet ʼn strandrok in ʼn neutrale kleur dra en ʼn baaikostuum saambring. Daar was 12 strooijonkers in die gevolg.

Casme het op haar Facebook-blad gesê haar rok is in April gesteel en sy moes ʼn nuwe rok bestel.

Sy het ʼn boek geskryf oor haar keuse om selibaat te bly tot met haar troue. Dié boek, Worth the Wait, word in 2020 vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liza ·

Fantasties! Heeltemal onnodig om strooimeisierokke te laat maak… dit kan gedoen word! Ek trou volgende jaar en dink hierdie is ‘n great idee….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.