Bruidegom wil weghardloop oor honde se troue

Argieffoto (Foto: Natasha Barbieri/Pixabay)

ʼn Bruidegom voer aan hy oorweeg om die troue te laat vaar ná sy verloofde en haar beste vriendin hul planne onthul het om hul honde ook te laat trou.

Die man sê sy voornemende bruid Jessica, en haar strooimeisie Abby, het al lankal ʼn seremonie beplan vir hul honde met hul aanstaande mans se honde.

Hy het nie self honde nie, maar die twee vriendinne het toe besluit om hul eie honde met mekaar te laat trou.

Hy het aanvanklik ingestem om Jessica tevrede te stel, en het aangeneem die honde sou net deel wees van die seremonie.

Dit het egter later vir hom duidelik geword dat Abby en Jessica ʼn volledige huwelikseremonie vir die twee honde op die dag beplan – met dele van die onthaal wat aan die troeteldiere se “vriendskap” toegewy sou word.

Die 29-jarige man het op Reddit gesê ʼn skyfievertoning met foto’s van die honde, ʼn koek vir die honde en hondevriendelike geskenkpakkies word beplan omdat hulle wil hê die vriende en familie moet hul honde ook saambring.

“Ek het ‘nee’ gesê en bygevoeg ek het reeds tot ʼn vergelyk gekom oor een aspek, maar ek wil nie ʼn spul honde daar hê vir ons hele troue en onthaal nie. As hulle dit wil doen, dan sal ons waarskynlik ʼn splinternuwe venue ook moet kry.”

Die man sê Jessica het reeds ook byna alle uitgawes spandeer vir wat haar bydrae vir die troue is (hy betaal die res), maar hy wil nie enige bykomende uitgawes aangaan vir honde nie. “Hulle het albei gesê dis vir hulle baie belangrik, en toe het ek vir Jessica gesê ons bly by ons oorspronklike plan, of sy en Abby kan self hul duur partytjie net met die honde hou en dan kan ons by die hof trou.”

Abby was glad nie hiermee beïndruk nie en het aan Jessica gesê die man is manipulerend om ʼn ultimatum te stel.

Jessica voel glo ook hy is selfsugtig, maar hy wil bloot hê die troue moet oor hulle twee gaan, nie oor Abby en die troeteldiere nie.

ʼn Reddit-gebruiker het in die kommentaar laat weet hulle is ook lief vir diere, maar hierdie klink verregaande. “Wat gebeur hier? Dit is letterlik net ʼn duur honde-troue. En ek is jammer, maar wil die honde enigsins met mekaar trou? Het ons enige teken dat daar enige romantiese gevoelens is tussen die honde?”

Nog iemand skryf: “Dit maak die verbintenis tussen twee volwasse mense absoluut goedkoop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Diepoppie ·

Ou julle is nog nie eers getroud nie en dinge begin so lelik raak. As jy my vra is sy nie jou pasmaat nie want sy sou verstaan het die dag gaan NET OOR JULLE TWEE, n honde troue, goeiste dis simpel.. Soos wat sy en haar vriendin aangaan sou n mens dink hulle is nog kinders…

AndrewL ·

As die vrou haar troudag laat oorheers deur honde, gaan die man beslis ‘n hondelewe hê.

Die huwelik is ‘n heilige instelling en nie ‘n openbare klugspel drama nie.

Die dag gaan oor die huwelikspaar waar die een die ander spesiaal laat voel. Die hinde storie is net te dik vir ‘n daalder.

Porseleintjie ·

Dis om n gekkespul van n heilige verbond tussen God en die MENS te maak. Hardloop boet, terwyl jy nog nie n leiband om die nek het nie.

Elma ·

Liewe bruid. As jou bruidegom nou reeds seker maak almal weet hoeveel HY betaal vir die troue, stel ek voor jy trek jou tekkies aan en hol,

Janine ·

Hy het niks van die aard gesê nie, genade! Bloot genoem dat sy HAAR deel van uitgawes op die honde se troue spandeer het.

Faraway ·

Wat n gespottery oor n HUWELIK wat n BYBELSE INSTELLING van GOD is . . . PUNT!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.