Burger King betaal vir mnr. Burger en me. King se troue

Joel Burger en Ashley King. Foto: Facebook

Joel Burger en Ashley King. Foto: Facebook

Burger King het bekend gemaak dat hy vir die troue van ʼn paartjie van Illinois gaan betaal omdat hulle vanne onderskeidelik Burger en King is.

Die Daily Mail berig die kitskosgroep het besluit om vir die troue van Joel Burger en Ashley King te betaal en ook geskenksakkies aan die gaste sal verskaf. Burger en King, wat sedert gr. 5 ʼn paartjie is, staan alom onder hul vriende en familie as Burger-King bekend.

Die paartjie het vroeër vanjaar verloof geraak en het die nuus bekend gemaak met ʼn foto van waar hulle langs ʼn Burger King-bord staan. Eric Hirschhorn, woordvoerder van Burger King, het gesê hulle het dadelik besluit om vir die troue te betaal nadat hulle van die paartjie en hulle ‘gepaste’ vanne gehoor het. “Al wat ons vra is dat hulle vir altyd gelukkig saam sal wees.”

Burger en King trou op 17 Julie in Jacksonville.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.