Die Daily Mail berig die kitskosgroep het besluit om vir die troue van Joel Burger en Ashley King te betaal en ook geskenksakkies aan die gaste sal verskaf. Burger en King, wat sedert gr. 5 ʼn paartjie is, staan alom onder hul vriende en familie as Burger-King bekend.
Die paartjie het vroeër vanjaar verloof geraak en het die nuus bekend gemaak met ʼn foto van waar hulle langs ʼn Burger King-bord staan. Eric Hirschhorn, woordvoerder van Burger King, het gesê hulle het dadelik besluit om vir die troue te betaal nadat hulle van die paartjie en hulle ‘gepaste’ vanne gehoor het. “Al wat ons vra is dat hulle vir altyd gelukkig saam sal wees.”
Burger en King trou op 17 Julie in Jacksonville.