Byna R18 miljoen vir dié aartappelfoto

Kevin Abosch se "Potato #345"

Kevin Abosch se “Potato #345”

ʼn Foto van ʼn aartappel deur die bekroonde fotograaf, Kevin Abosch, is vir miljoene rand verkoop.

ʼn Sakeman van Europa, wat die foto van “Potato #345” in Abosch se huis in Parys opgemerk het, het dit vir €1 miljoen (byna R18 miljoen) gekoop.

Die 46-jarige visuele kunstenaar se werke van bekende persone verkoop gewoonlik teen ongeveer $500 000 (R8 miljoen).

Hy het vroeër bekend gemaak dat die transaksie “oor ʼn paar glase wyn” beklink is.

Abosch het in 2010 drie afdrukke van die aartappel gemaak: een hang in sy privaat versameling, een is aan ʼn museum in Serwië geskenk en die derde is nou verkoop.

Volgens die kunstenaar sien hy ooreenkomste tussen mense en aartappels wat “ons verhouding as individue binne ʼn kollektiewe spesie” aanspreek.

Indien die transaksie bevestig word, sal “Potato #345” die 15de duurste foto ooit wees.

Die huidige rekord is “Rhein II” deur Andreas Gursky, wat in 2011 by ʼn Christies-veiling vir $4.3 miljoen (byna R70 miljoen) verkoop is. Die fotograaf Peter Lik het in 2014 aangevoer sy “Phantom” het die rekord verbeter toe dit teen $6.5 miljoen (R105 miljoen) verkoop is, maar dié transaksie is nie geverifieer nie en die beweerde koper se identiteit is nooit bekend gemaak nie.

Lees meer: CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eliza-beth ·

PS – 100%! Die berig noem ook dat die kunstenaar ook dat hy ooreenkomste tussen mense en aartappels sien ;D

Johan Steyn ·

Ek het ‘n foto geneem van ‘n patat wat vars uit die grond uitgekom het….enige offers? Enige iemand? Niks nie????? Hellooooooooo…. anybody out there???? Eish!

JaNee ·

Eers wou die aartappel ń simba chippie wees, nou wil almal model speel …

Human ·

Daai ou wat die foto gekoop het, het meer geld as verstand. Foeitog!

Francie van Rensburg ·

Kosie, jy is baie skerp, net jammer die aartappel blink nie?

Grotman ·

Ek het n wonderlike foto van n mielie wat drip van varsheid. As jy hom so beloer sal jy agter kom dat dit dalk menslike eienskape het. Dis te koop vir net R20.000 posgeld uitgesluit. Enige belangstelling? Reageer gou…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.