Byna R200 000 vir ʼn Uber-rit van 8 km

Die kwitansie wat op Instagram gepubliseer is

Uber het ʼn man van Toronto in Kanada meer as $18 000 gefaktureer vir ʼn rit wat net ongeveer $10 moes kos.

Die Instagram-gebruiker votethehish het die kwitansie gepubliseer vir die rit ter waarde van 18 518 Kanadese dollar (ongeveer R196 237).

Volgens votethehish se vriendin, Emily Kannard, het Uber gesê hulle sal nie ʼn terugbetaling kry nie, maar Kannard het die kwitansie op Twitter gepubliseer en verskeie nuuswebwerwe het reeds hieroor berig, soos The Comeback en Slate.

Uber het daarna bevestig daar was ʼn fout. “Daar was ʼn fout en dit is opgelos,” het Uber in ʼn verklaring aan Slate gesê. “Ons het ʼn volledige terugbetaling gedoen en om verskoning gevra vir die flater. Ons het verskeie maatreëls in plek om seker te maak dat só iets nie weer gebeur nie. Ons stel ondersoek in om te bepaal hoe dit gebeur het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Likiditeit ·

Duidelik nie ‘n probleem om $18k sommer net so te betaal :)

Kosie Kramer ·

My neef is `n veldgids en het met my `n huis gedeel. Een aand laat kon ek hom nie gaan oplaai by die toermaatskappy nie. Hy skakel toe Uber, wat hom R700 kwoteer. Toe skakel hy Rose’s Taxi’s, wat hom R200 vra, en hom veilig, sonder insident afgelaai het.

Deloris ·

As n fout intree en dit word beaam en bevestig… terugbetaling word gedoen…. gee hulle n ster… UBER BO?

Mike Kaapstad ·

Dit laat my dink aan Tolla se grappie van die 7 rand boksie vuurhoutjies………….

susan ·

Ek gebruik gereeld Uber, veral as ek in Pretoria CBD moet wees. Dit is bietjie duurder as gewone taxi’s, maar soveel meer betroubaar en ek het nog regtig nie een enkele probleem ondervind nie. Uber weet jy kan jy enige tyd van die dag of nag gebruik en jy sal altyd veilig by jou bestemming uitkom. hoekom dink julle is die mededingers besig om Uber se naam sleg te maak, hulle te intimideer ens? Net omdat hulle ‘n produk het wat nie net vir die kliënt sorg nie, maar werkskepping genereer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.