Twee spanspekke is vir 3,2 miljoen yen (ongeveer R370 000) in Japan verkoop.
Die twee Yubari King-spanspekke is op ʼn mark in Hokkaido verkoop, berig The Mainichi.
Yubari-spanspekke haal gewoonlik rekordbedrae, veral tydens die eerste veiling van die seisoen. Vanjaar se rekordbedrag oortref verlede jaar se prys van 1,5 miljoen yen en 3 miljoen yen in 2016.
Die koper, Shinya Noda, is die president van ʼn plaaslike vrugte- en groenteverpakkingsmaatskappy, Hokuyu Pack, wat die maatskappy se 30ste herdenking vier met die aankope. Die twee spanspekke word tot vandag uitgestal en dan sal dit opgesny word en die skywe sal gratis aan Hokuyu Pack se klante aangebied word as ʼn “natsu no gifuto”, ʼn “somergeskenk”.
Goeie Genade. Ons kan baie mense kos gee met daardie geld
Waar kan ek van daai saad kry?
Klink amper soos ‘n ANC transaksie.
Iemand het heeltemal te veel geld en weet nie wat om met dit te doen nie.