Byna R400 000 vir twee spanspekke

Foto: China Daily

Twee spanspekke is vir 3,2 miljoen yen (ongeveer R370 000) in Japan verkoop.

Die twee Yubari King-spanspekke is op ʼn mark in Hokkaido verkoop, berig The Mainichi.

Yubari-spanspekke haal gewoonlik rekordbedrae, veral tydens die eerste veiling van die seisoen. Vanjaar se rekordbedrag oortref verlede jaar se prys van 1,5 miljoen yen en 3 miljoen yen in 2016.

Die koper, Shinya Noda, is die president van ʼn plaaslike vrugte- en groenteverpakkingsmaatskappy, Hokuyu Pack, wat die maatskappy se 30ste herdenking vier met die aankope. Die twee spanspekke word tot vandag uitgestal en dan sal dit opgesny word en die skywe sal gratis aan Hokuyu Pack se klante aangebied word as ʼn “natsu no gifuto”, ʼn “somergeskenk”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elaine ·

Iemand het heeltemal te veel geld en weet nie wat om met dit te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.