ʼn Plastiese chirurg van Kalifornië in die VSA word ondersoek ná hy tydens ʼn operasie vir ʼn virtuele hofsitting opgedaag het. Geluide van die mediese masjiene kon tydens die Zoom-oproep gehoor word en die pasiënt se prosedure het net buite sig plaasgevind.
Dr. Scott Green moes die hofsaak bywoon oor ʼn verkeersoortreding, het die Sacramento Bee berig.
ʼn Klerk in die hof wou by Green hoor of hy beskikbaar is vir die hofsaak. “Dit lyk of jy in die teater is?” Die dokter het bevestig hy is in die middel van ʼn operasie, maar het die hof gemaan om voort te gaan.
Toe die regter egter opdaag, het hy gesê hy is huiwerig om voort te gaan oor kommer vir die pasiënt se welstand. Die dokter het egter die hof gerusgestel en gesê daar is nog ʼn chirurg in die teater wat saam met hom die operasie uitvoer. “Ek kan dus hier staan en hulle kan met die operasie voortgaan.”
Die regter het egter besluit om die verhoor uit te stel omdat dit nie behoorlik is om onder dié omstandighede ʼn hofsitting te hou nie.
Die dokter het om verskoning gevra, maar die regter het hom onderbreek. “Ons wil mense gesond hou, ons wil hulle lewend hou. Dis belangrik,” het die regter gesê.
Die mediese raad in Kalifornië het gesê hy stel ondersoek in na die voorval en gesê daar word van dokters verwag om ʼn hoë standaard te volg wanneer pasiënte behandel word.
Judge: “Unless I’m mistaken, I’m seeing a defendant who’s in the middle of an operating room appearing to be actively engaged in providing services to a patient. Is that correct, Mr. Green?”
Defendant: “Yes, sir.”
Judge: “Or should I say, Dr. Green.”
???? pic.twitter.com/iKpWwKsFEg
— Ajit Pai (@AjitPai) February 28, 2021
En hier dink ek, ek het als al gehoor en gesien!!!! Ongelooflik onverantwoordelik!
Miskien wou hy n punt bewys hierdeur. As hy dalk beweer het dat hy nie die hofsaak kan bywoon nie agv werk sou hy dalk nie geglo geword het nie. Nou het tenminste bewyse dat dit nie altyd moontlik is om op spesifieke dae en tye hofverrigtinge by te kan woon nie.
Hahahahaha hy speel met die hof
Niks fout nie, owerhede moet verstaan dat mense werk en verantwoordelikhede het om na te kom en nie net kan dans oor hulle se nie