Clifton-parkering te koop vir R1,1 miljoen

Foto: Pam Golding Properties

Jy kan nou vir jouself ʼn klein stukkie grond in Clifton in Kaapstad aanskaf teen ‘n skamele R1,1 miljoen.

Die 14 m²-parkering is op straatvlak by San Michele naby Clifton se eerste strand en kan jou persoonlike oplossing wees vir die parkering-nagmerrie in die Moederstad.

Pam Golding Properties verkoop die parkeerruimte met ʼn uitstekende uitsig oor die Atlantiese Oseaan en dit is ʼn baie veilige plek om jou motor te laat. “ʼn Seldsame geleentheid om ʼn dakparkering by San Michele aan te skaf,” lui die advertensie. “Geniet die gerief van veilige parkering. Die prys sluit BTW in.”

Jy gaan sowat R500 per maand moet opdok vir ʼn heffing.

Teen R1,1 miljoen betaal jy sowat R78 500 per m² vir die parkering.

ʼn Vierslaapkamerhuis van 410 m² in die omgewing is tans te koop vir R59,5 miljoen.

Dit is egter nie die duurste parkering nog in Kaapstad nie. In 2008 is ʼn kelderparkering glo vir R2 miljoen, ook deur Pam Golding Properties, verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Duck ·

Ek sal maar vir my ‘n scooter koop en op die sypaadjie parkeer as ek daar moet gaan kuier

Cherokee ·

Waarskynlik wil die eienaar R1m hê en .1 is die kommissie wat gehef word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.